Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 9/1 bl. 16-17
  • Sal jy leer van die seisoene?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal jy leer van die seisoene?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • B15 Hebreeuse kalender
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • ’n Jaar in “die goeie land”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Studie nommer 2—Tyd en die Heilige Skrif
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 9/1 bl. 16-17

Tonele uit die Beloofde Land

Sal jy leer van die seisoene?

JEHOVAH het eenkeer gesê: ‘Al die dae van die aarde sal saaityd en oestyd, somer en winter, nie ophou nie’ (Genesis 8:22). Hy het sodoende die landbouseisoene beklemtoon.

Wat weet jy van die seisoene en hoe hulle met boerdery verband hou? Selfs al woon jy in ’n stad of al boer jy nie, moet jy van Israel se seisoene en landboubedrywighede leer. Waarom? Omdat jy God se Woord beter sal verstaan hoe meer jy daarvan weet.

Boere ploeg die grond om, saai saad en oes en dors dan die opbrengs. Maar om beter te begryp wat die Bybel sê, moet ons meer weet, onder meer ook wanneer hierdie dinge plaasgevind het. Dink byvoorbeeld aan ploeg, soos hierbo gedoen word op geterrasseerde landerye in wat eertydse Juda was.a In watter maand dink jy is hierdie foto geneem? As jy dink aan wanneer daar in jou land geploeg word, kan jy mislei word. In die Noordelike Halfrond is ploegtyd nie dieselfde as in die Suidelike Halfrond nie; dit verskil ook op verskillende hoogtes bo die seevlak en volgens die tyd van die reënseisoen.

Dit kan jou beskouing van Bybelse gebeure beïnvloed. Jy lees dalk hoe Elia sy opvolger aangewys het: “Hy het . . . Elisa, die seun van Safat, aangetref terwyl hy aan ploeë was met twaalf paar osse voor hom” (1 Konings 19:19). In watter maand dink jy het dit gebeur, en hoe sou die land gelyk het? En in Johannes 4:35 het Jesus gesê: “Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? . . . Slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.” Al het hy ’n spesifieke tyd genoem, weet jy wanneer dit was?

Die kaart gee ’n uitstekende opsomming van seisoene en landboubedrywighede in die Beloofde Land. Die buitenste baan gee die maande van die Joodse heilige kalender.b As jy dit met ons maande vergelyk, sal jy merk dat die maande oorvleuel, soos Nisan (of Abib) wat oor einde Maart en begin April val. Die volgende deel na die middel toe toon wanneer oeste ryp geword het, en dit help jou besef wanneer sekere boerderybedrywighede, soos oes en dors, plaasgevind het. Die middel van die kaart laat jou die weersveranderinge gedurende die jaar vergelyk.

Gebruik die kaart om jou begrip van en waardering vir Bybelverslae, soos die twee wat reeds genoem is, te vergroot.

Elisa was besig met ’n groot ploegwerk toe hy as profeet geroep is. Dit maak dit waarskynlik Tisjri (September-Oktober), wanneer die ergste hitte van die somer verby was. Die vroeë reëns het die grond begin sag maak, en dit moontlik gemaak om te ploeg, waarna gesaai is.

En wanneer het Jesus die woorde in Johannes 4:35 geuiter? Die oestyd sou oor vier maande kom. Let daarop dat die gars-oes in Nisan (Maart-April), ongeveer Pasgatyd, begin het. Tel vier maande terug. Dit bring jou tot by Kislew (November-Desember). Dit het al hoe meer gereën, met nog reën en kouer weer wat voorgelê het. Jesus het dus klaarblyklik van ’n figuurlike oeswerk gepraat toe hy gesê het: “Slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.”

Hier volg ander vrae vir jou persoonlike studie of vir ’n aangename tydjie van studie saam met jou gesin:

▪ Die vlas rondom Jerigo is in die maand Adar ge-oes; hoe bevestig die besonderhede in Josua 2:6 en 3:15 dan die akkuraatheid van die Bybel?—Josua 4:19; 5:11.

▪ Hoe beeld die belofte in Levitikus 26:5 oorvloed uit, aangesien daar na die graanoes gedors is?

▪ Hoe toon 2 Samuel 21:10 dat Rispa waarskynlik lank gewaak het oor haar twee seuns wat om die lewe gebring is om bloedskuld van God se volk te verwyder?

▪ Waarom is die donderweer en die reën wat in 1 Samuel 12:17 genoem word as ’n goddelike antwoord beskou?—Spreuke 26:1.

▪ Watter rede het Rut gehad om af te lei dat die manier waarop Boas haar behandel het nie net ’n verbygaande reaksie was nie?—Rut 1:22; 2:23.

Hou gerus hierdie kaart by jou wanneer jy die Bybel lees.

KISLEW NISAN

25 Fees van die Tempelwyding 14 Pasga

15-21 Ongesuurde brode

16 Offer van die eerstelinge

IJJAR ADAR

14 Laat Pasga 14, 15 Purim

(Numeri 9:10-13)

SIWAN TISJRI

6 Fees van die weke 1 Trompetgeklank

(Pinkster) 10 Versoendag

15-21 Huttefees

22 Plegtige vergadering

[Voetnote]

a Sien ook Jehovah se Getuies se kalender vir 1990.

b ’n Ekstra maand, of skrikkelmaand, (We-Adar) is sewe maal gedurende ’n siklus van 19 jaar ingelas.

[Diagram/Prente op bladsy 17]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

WE-ADAR

NISAN (ABIB)

Maart-April

Gars

IJJAR (SIF)

April-Mei

Koring

SIWAN

Mei-Junie

Vroeë vye

TAMMUS

Junie-Julie

Eerste druiwe

AB

Julie-Augustus

Somer-vrugte

ELUL

Augustus-September

Dadels, druiwe, vye

TISJRI (ETANIM)

September-Oktober

Ploeg

GESWAN (BUL)

Oktober-November

Olywe

KISLEW

November-Desember

Kuddes op stal

TEBET

Desember-Januarie

Plantegroei kom op

SEBAT

Januarie-Februarie

Amandel-bloeisels

ADAR

Februarie-Maart

Sitrus-vrugte

WE-ADAR

Maart

[Foto-erkenning op bladsy 16]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

[Foto-erkennings op bladsy 17]

Garo Nalbandian

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel