Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 7/15 bl. 6
  • Omdat hy gebid het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Omdat hy gebid het
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom moet ons onophoudelik bid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • 5 Maak dit saak waar en wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Hef lojale hande op in gebed
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Hoe om tot Jehovah te bid om verhoor te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 7/15 bl. 6

Omdat hy gebid het

IN 1 Thessalonicense 5:17, 18 het die apostel Paulus gesê: “Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.” Maar vind jy dat jy soms huiwerig is om te bid wanneer jy in ’n openbare plek eet, soos in ’n restaurant? In die lig van Jesus se vermaning teen vertonerige gebede, is dit verstaanbaar dat ’n mens nie onnodig aandag op jouself wil vestig nie (Mattheüs 6:5, 6). ’n Gebed wat oordeelkundig gedoen word, kan nietemin gunstige reaksie uitlok.

Dit was die ondervinding van een jong bedienaar wat by die Brooklyn-Bethel, die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies, dien. Hy het ontbyt geëet in ’n restaurant, en was van plan om daarna na sy gemeente te gaan om saam met ’n groep te vergader wat aan die Koninkrykspredikingswerk sou deelneem. Na sy ontbyt voor hom neergesit is, het hy soos gewoonlik gebid. Toe hy sy oë oopmaak, het hy gesien dat ’n kelnerin hom staan en aanstaar.

“Jy bid, nie waar nie?” het sy gevra. Toe hy bevestigend geantwoord het, het sy gesê: “Jy is seker een van Jehovah se Getuies. My ouers is ook. Ek het nooit werklik by hulle godsdiens betrokke geraak nie, maar ek weet ek behoort dit te doen. Miskien moet ek inteken op Die Wagtoring en Ontwaak! Kan ek dit by jou kry?”

“Ek het amper aan my kos verstik”, sê die jong broer. Hy kon nietemin twee intekeninge en die twee jongste tydskrifte vir haar gee en met haar reël dat ’n herbesoek gedoen word—dit alles omdat hy gebid het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel