“’n Skatkis van vrae en antwoorde”
Dit was wat ’n vrou van Pittsburgh, Pennsilvanië, die handboek Redenering uit die Skrif genoem het. Sy het verduidelik: “Twee Jehovasgetuies het onlangs na my huis toe gekom. . . . Een het ’n boek met die titel Redenering uit die Skrif (by my huis) vergeet. Ek moet erken, ek het daardie boek verslind! Ek het ure daarin gesit en lees. Ek was besonder beïndruk. . . . Die boek was vir my soos ’n skatkis van vrae en antwoorde, onder andere talle wat ek my al afgevra het.”
Jy kan jou eie eksemplaar van hierdie kosbare Bybelpublikasie ontvang wat antwoorde op honderde aktuele vrae sal verskaf. Dit bevat meer as 70 hoofonderwerpe, onder andere “Aborsie”, “Dwelms”, “Reïnkarnasie”, “Seks”, “Spiritisme”, “Vakansiedae”, “Wegraping” en baie meer. Die onderwerp- en teksregister van sewe bladsye kan jou help om antwoorde vinnig op te spoor.
Dit maak deel uit van ’n wêreldwye Bybelopvoedkundige werk wat deur vrywillige skenkings ondersteun word.
Ek wil graag die hardebandboek met 448 bladsye Redenering uit die Skrif ontvang.