Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 4/1 bl. 10
  • “Almal wat in die gedenkgrafte is”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Almal wat in die gedenkgrafte is”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • God gee vir jou om
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • ‛Baie liggame van die heiliges het opgestaan’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Jehovah seën ons moeite om die Gedenkmaal te herdenk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Die New World Translation—vakkundig en eerlik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 4/1 bl. 10

“Almal wat in die gedenkgrafte is”

KAN jy seker wees dat die meeste van die dode weer sal leef? Ja, want Jesus het gesê: “Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte [“gedenkgrafte”, NW] is, sy stem sal hoor en sal uitgaan” (Johannes 5:28, 29). Let op die uitdrukking “gedenkgrafte”, wat eie is aan die New World Translation. Dit herinner ons aan die belangrikheid van God se geheue in die opstanding.

Waarom word die gewone vertaling, “grafte”, nie gebruik nie? Omdat Jesus nie die meervoud van die Griekse woord taʹfos, wat “graf” of “begraafplaas” beteken, gebruik het nie. Trouens, nie almal wat gesterf het, is in letterlike grafte, of taʹfoi, begrawe nie. Nogtans is diegene wat God in die opstanding sal terugbring in sy geheue. Dit word getoon deur Jesus se gebruik van die meervoud van mne·meiʹon, wat nou verwant is aan Griekse woorde wat basies beteken “om te onthou” (Mattheüs 16:9; Markus 8:19). Die Greek-English Lexicon deur H. G. Liddell en R. Scott vertaal mne·meiʹon as “herinnering aan, gedagtenis aan, verslag van ’n persoon of ding, . . . graf, . . . gewoonlik monument”.

Die New World Translation onderskei derhalwe tussen die woorde taʹfos en mne·meiʹon. Dit is ook noemenswaardig dat baie Bybelvertalings insgelyks twee verskillende uitdrukkings in Mattheüs 23:29 gebruik, waar albei Griekse woorde verskyn. Die Revised Standard Version gee dit as volg weer: “Julle bou die grafte [’n vorm van taʹfos] van die profete en versier die monumente [’n vorm van mne·meiʹon] van die regverdiges.”

Die mens se Skepper vergeet nie die lewenspatrone van duisendmiljoene mense wat geleef het nie (Psalm 139:16; 147:4; Mattheüs 10:30). Op sy vasgestelde tyd sal hy diegene in die “gedenkgrafte” onthou en hulle opwek tot lewe op ’n gereinigde aarde. Hoe bemoedig en vertroos die wete dat God se volmaakte geheue nie kan faal nie ons tog!—Openbaring 20:11-13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel