Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 3/15 bl. 8-9
  • Die teken van die laaste dae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die teken van die laaste dae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Die apostels vra vir ’n teken
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • ‘Wat sal die teken van u teenwoordigheid wees?’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Die teken van die laaste dae
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • “Laat die leser onderskeidingsvermoë gebruik”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 3/15 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Die teken van die laaste dae

DIT is nou al Dinsdagmiddag. Terwyl Jesus op die Olyfberg sit en op die tempel afkyk, kom Petrus, Andreas, Jakobus en Johannes alleen na hom. Hulle is besorg oor die tempel, want Jesus het so pas voorspel dat ‘nie een klip op die ander daarin laat bly sal word nie’.

Maar hulle het blykbaar meer as dit op die hart wanneer hulle na Jesus kom. ’n Paar weke vroeër het hy van sy teenwoordigheid gepraat, ’n tyd “wanneer die Seun van die mens geopenbaar word”. En by ’n vorige geleentheid het hy hulle vertel van “die voleinding van die wêreld”. Die apostels is dus baie nuuskierig.

“Vertel ons”, sê hulle, “wanneer sal hierdie dinge wees [wat sou uitloop op die vernietiging van Jerusalem en sy tempel], en wat is die teken van u koms [“teenwoordigheid”, NW] en van die voleinding van die wêreld?” Dit is in werklikheid ’n drieledige vraag. Hulle wil ten eerste weet van die einde van Jerusalem en sy tempel, dan van Jesus se teenwoordigheid in Koninkryksmag en ten laaste van die einde van die wêreld, oftewel die hele stelsel van dinge.

In sy lang antwoord beantwoord Jesus al drie dele van die vraag. Hy gee ’n teken wat toon wanneer die Joodse stelsel van dinge tot ’n einde sal kom; maar hy gee meer. Hy gee ook ’n teken wat sy toekomstige dissipels sal waarsku dat hulle gedurende sy teenwoordigheid en na aan die einde van die hele stelsel van dinge leef.

Mettertyd begin die apostels die vervulling van Jesus se profesie sien. Ja, die einste dinge wat hy voorspel het, begin in hulle dag gebeur. Die vernietiging van die Joodse stelsel met sy tempel betrap die Christene wat 37 jaar later leef, in 70 G.J., nie onverhoeds nie.

Maar Christus se teenwoordigheid en die voleinding van die stelsel van dinge vind nie in 70 G.J. plaas nie. Sy teenwoordigheid in Koninkryksmag vind eers veel later plaas. Maar wanneer? Ons kry die antwoord hierop as ons Jesus se profesie ondersoek.

Jesus voorspel dat daar “oorloë en gerugte van oorloë” sal wees. “Die een nasie sal teen die ander opstaan” en daar sal hongersnode, aardbewings en pessiektes wees. Sy dissipels sal gehaat en doodgemaak word. Valse profete sal opstaan en baie mense mislei. Ongeregtigheid sal vermeerder en die liefde van die meeste sal verkoel. Terselfdertyd sal die goeie nuus van God se Koninkryk in die hele bewoonde aarde tot ’n getuienis vir al die nasies verkondig word.

Al het Jesus se profesie ’n beperkte vervulling voor die vernietiging van Jerusalem in 70 G.J. gehad, vind die groter vervulling daarvan gedurende sy teenwoordigheid en die voleinding van die stelsel van dinge plaas. ’n Noukeurige oorsig van wêreldgebeure sedert 1914 toon dat die groter vervulling van Jesus se belangrike profesie sedert daardie jaar plaasvind.

Nog ’n deel van die teken wat Jesus gegee het, is die verskyning van “die gruwel van die verwoesting”. In 66 G.J. kon hierdie gruwel gesien word in die vorm van die “leërs” van Rome wat Jerusalem omsingel en die tempelmuur ondergrawe het. “Die gruwel” het gestaan waar dit nie behoort nie.

In die groter vervulling van die teken is die gruwel die Volkebond en sy opvolger, die Verenigde Volke. Hierdie organisasie vir wêreldvrede word deur die Christendom as ’n plaasvervanger vir God se Koninkryk beskou. Hoe gruwelik tog! Gevolglik sal die politieke magte wat met die VV geassosieer is mettertyd teen die Christendom (antitipiese Jerusalem) draai en dit vernietig.

Jesus het dus voorspel: “Daar [sal] groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.” Hoewel die vernietiging van Jerusalem in 70 G.J. inderdaad ’n groot verdrukking was en meer as ’n miljoen destyds gedood is, was dit nie ’n groter verdrukking as die wêreldvloed van Noag se dag nie. Die groter vervulling van hierdie deel van Jesus se profesie moet dus nog plaasvind. Mattheüs 24:2-22; 13:40, 49; Markus 13:3-20; Lukas 21:7-24; 19:43, 44; 17:20-30; 2 Timotheüs 3:1-5.

◆ Wat gee aanleiding tot die apostels se vraag, maar wat anders het hulle blykbaar op die hart?

◆ Watter deel van Jesus se profesie is in 70 G.J. vervul, maar wat het nie toe gebeur nie?

◆ Wanneer het Jesus se profesie ’n eerste vervulling gehad, maar wanneer het dit ’n groter vervulling?

◆ Wat is die gruwel in die eerste en in die groter vervulling?

◆ Waarom was die vernietiging van Jerusalem nie die finale vervulling van die groot verdrukking nie?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel