Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 1/1 bl. 15
  • Vervolging duur voort in Burundi

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vervolging duur voort in Burundi
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 1/1 bl. 15

Vervolging duur voort in Burundi

VROEG in 1989 het die heersers van die Midde-Afrikaland Burundi ’n vlaag van vervolging teen Jehovah se Getuies op tou gesit. Soos in Die Wagtoring van 15 Augustus 1989 berig is, het die owerheid deur molestering, inhegtenisneming, slae en ander wrede maatreëls die Getuies probeer dwing om hulle geloof prys te gee. Wat het sedertdien gebeur?

Tydens die besoek van die streekopsiener aan Kinyinya en Gitega het die owerheid probeer om die gemeentelede by ’n vergadering in hegtenis te neem, lui ’n ander berig uit Burundi. Die streek- en die kringopsiener het dit reggekry om weg te kom, maar diegene wat in hegtenis geneem is, het twee hoërskoolleerlinge en ’n laerskoolmeisie ingesluit. Hulle is almal geslaan. Die volgende dag het die Getuies wat in hegtenis geneem is voor die goewerneur verskyn en verduidelik waarom hulle nie lede van die politieke party kon wees nie. Hulle is weer geslaan. Ander verslae berig van eenderse voorvalle.

’n Verantwoordelike Christen- ouere man in Burundi skryf: “Geen Getuie van Jehovah is vir diefstal, moord of ondermyning in hegtenis geneem nie. Laat die owerheid, as hulle werklik gronde het om die Getuies te straf, dit in openbare sitting doen pleks van vredeliewende burgers te martel, hulle besittings te konfiskeer en hulle soos wilde diere te jag. Talle broers in die binneland was verplig om uit hulle huise te vlug en soos vlugtelinge te lewe. ’n Suster wie se man in die tronk is, het talle van die owerhede gaan spreek in ’n poging om haar man vrygelaat te kry. Almal het haar weggewys met die antwoord: ‘Ons sal jou man nooit kan vrylaat terwyl julle geld uit die buiteland ontvang om ons land te destabiliseer nie.’ Watter laster tog!”

Daar is egter goeie nuus uit Burundi. Die vervolging het die Getuies daar nie afgeskrik of geïntimideer nie. Versigtig maar seker neem die verkondiging van die goeie nuus toe, en die broers en susters besef dat hulle, deur ten volle op Jehovah te vertrou, kan volhard. Baie briewe wat skok betuig, is reeds aan Burundi geskryf, en nog talle sal ongetwyfeld volg wanneer die wêreld besef dat Burundi sy genadelose vervolgingsaksie teen Jehovah se Getuies voortsit.

[Venster op bladsy 15]

Die adres van die president van Burundi is:

His Excellency Major Pierre Buyoya

President of the Republic of Burundi

Bujumbura

REPUBLIC OF BURUNDI

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel