Georganiseer om God te dien
“Ek het verskillende godsdienste en godsdienssektes ondersoek”, skryf ’n man van Mexiko. “Maar ek het nog nooit sulke organisasie gesien nie.” Die man het pas tevore die brosjure Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd gelees. Hy verduidelik: “Wat my die meeste beïndruk, is die erns waarmee julle die opdrag vervul om die goeie nuus van die Koninkryk van huis tot huis, by die werk, op straat en in busse te verkondig. Dit is wonderlik om in hierdie eeu waar daar soveel godsdienshuigelary is mense te vind vir wie dit ’n saak van erns is om God se wil te doen.”
Jy kan uitvind wat Jehovah se Getuies glo, hoe hulle georganiseerd is en hoe hulle organisasie wêreldwyd werk. Bestel vandag die twee brosjures met 32 bladsye elk Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd en Jehovah se Getuies in die twintigste eeu. Dit kos slegs R1,50.
Stuur asseblief die twee brosjures Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd en Jehovah se Getuies in die twintigste eeu posvry aan my. Ek sluit R1,50 in.