Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 11/1 bl. 32
  • “Publikasie van Jehovasgetuies puik leesstof”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Publikasie van Jehovasgetuies puik leesstof”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 11/1 bl. 32

“Publikasie van Jehovasgetuies puik leesstof”

Dit was die titel van ’n artikel wat op 23 Desember 1988 in die Creston News Advertiser van Iowa, VSA, verskyn het. “Ek stel belang in filosofie en godsdiens” sê vaste medewerker Randy Porter, “maar die publikasies bevat ook half-sekulêre artikels oor ’n verbasende verskeidenheid wêreldsake. . . . 

“Verder sal party mense verbaas wees om te hoor dat die tydskrifte dikwels, benewens die Bybel, ander gesaghebbende bronne, aanhaal. . . . 

“Die nommer van [22] Januarie bevat terloops ook ’n kort artikel en kleurfoto van die staatsteen van Iowa, die geode. Die artikel sê dat mense soos geodes is. Geodes is van buite ietwat onaansienlik, maar wanneer dit oopgemaak word, toon dit ’n skitterende, gekristalliseerde, innerlike skoonheid. ’n Persoon is dalk eweneens ook onaansienlik, miskien selfs stil en skaam; maar wannneer ’n mens ‘die moeite doen om hulle te leer ken, ontdooi hulle en vertoon hulle ’n innerlike skoonheid wat straal’. . . . 

“Die nommer van [22] Januarie het talle ander artikels bevat wat ook moontlik nooit by my lessenaar sou uitgekom het nie! Byvoorbeeld, die meeste mense het al van die aggressiewe Afrikaanse by gehoor, maar een artikel het berig hoe entomoloë opspoorapparate aan die bye heg. ’n Mikroverwerkerapparaat wat klein genoeg is om aan die rug van ’n by geheg te word en wat deur Amerikaanse ingenieurs ontwerp is, sal wetenskaplikes in staat stel om die bye se bewegings een tot twee kilometer ver te monitor.”

Ontwaak! het medewerkers in tientalle lande reg rondom die wêreld en het gevolglik nuusbronne waartoe talle ander nie toegang het nie. Ons dink dat jy by die interessante artikels in Ontwaak! kan baat vind en dit sal geniet. Dit het ’n gemiddelde oplaag van 11 250 000 eksemplare per nommer en word in 54 tale uitgegee.

Stuur asseblief ’n jaarintekening op Ontwaak! aan my. Ek sluit R12 in vir 24 nommers van hierdie tydskrif (2 tydskrifte per maand).

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel