Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 9/1 bl. 31
  • Weersinwekkende geslagsedes—destyds en vandag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Weersinwekkende geslagsedes—destyds en vandag
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorhuwelikse seks
    Ontwaak!—2013
  • Wat vorm jou gesindheid?
    Ontwaak!—1997
  • Veranderende gesindhede laat nuwe vrae ontstaan
    Ontwaak!—1997
  • Jou beskouing van seks—Maak dit saak?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 9/1 bl. 31

Weersinwekkende geslagsedes—destyds en vandag

HOE verfoeilik was die aanbidding van Molog, een van die Moabitiese gode? Paolo Mantegazza skryf in sy boek The Sexual Relations of Mankind dat die Moabiete van Bybeltye “in groepe” obsene seksuele dade gepleeg het “terwyl hulle rondom die gloeiende beeld van Molog gedans het, nadat die sewe bronsmonde van die afgod die offerandes van sy aanhangers verslind het, offerandes wat uit meel, tortelduiwe, lammetjies, ramme, kalwers, bulle en jong seuns bestaan het”. Hy voeg by: “Enigeen wat die Bybel al gelees het, behoort die vreeslike vloeke te onthou wat Moses oor daardie Hebreërs uitgespreek het wat met Molog gehoereer het. Ook Baäl-Peor, of Belpeor [Baäl van Peor], wat die vernaamste godheid van die M[i]dianiete was, is met fanatieke entoesiasme deur die Jode ontvang, en sy kultus was nie minder obseen as die ritusse van Molog nie.”—Levitikus 18:21; 20:2-5; Numeri 25:1-5; Jeremia 32:35.

Die “fanatieke entoesiasme” van daardie Jode het ’n hedendaagse parallel in die “nuwe moraliteit” wat in die sestigerjare, in die Verenigde State en ander lande van die Christendom in die besonder, kop uitgesteek het.

Drr. Alexandra en Vernon H. Mark, medeskrywers van die boek The Pied Pipers of Sex, het die langtermynuitwerking van daardie seksuele revolusie oorweeg en hulle menings daaroor in die rubriek “Speaking Out” van die Medical World News, Houston, Texas, VSA, gelug. In 1985 het hulle geskryf:

“Gedurende die afgelope 25 jaar het die gemeenskap ’n opvallende verandering in geslagsedes aanskou. . . . Hierdie ommekeer van tradisionele sedelike gedrag is ’n seksuele revolusie genoem.” Nadat hulle die mediese beroepsmense genoem het wat verantwoordelik is vir hierdie verandering in seksuele gesindhede, het die skrywers gesê: “[Hierdie medici] het ’n verbasende impak op die gemeenskap en al sy instellinge gehad wat buite alle verhouding tot hul individuele bydraes is. Pleks van hierdie entrepreneurs van seksualiteit dank verskuldig te wees, moet ons hulle invloed verminder deur ’n gesonde en gebalanseerde houding met betrekking tot seksuele gedrag en volksgesondheidsbeskerming te bevorder.

“Die seksuele revolusie in sy volle felheid het tot dusver geen betekenisvolle voordele vir die land in sy geheel opgelewer nie—behalwe as ons aan geldelike gewin dink. Maar met sy klem op seks as ’n vorm van ontspanning en toeskouervermaak het die revolusie ’n menigte probleme opgelewer wat ons met maatskaplike chaos bedreig—onder andere geslagsiekte. Geslagsiekte is nie ’n nuwe probleem nie, maar dit het nou ’n plaag geword, en dit laat nuwe soorte bakterieë en virusagtige agentia ontstaan. Genitale herpes, wat by volwassenes ongeneeslik is, veroorsaak kindersterftes weens meningoënsefalitis. Vigs . . . het sy weg tot in die hoofstroom van ons gemeenskap gebaan en via besmette skenkerbloed tot in die bloedstrome van onskuldige slagoffers.”

Hierdie skrywers kom tot die slotsom: “Die toenemende getuienis wat die leiers van die seksuele revolusie aankla, is oorweldigend. Hulle het geluk, bevryding en goeie gesondheid belowe. Hulle het ellende, siekte en selfs die dood veroorsaak.” Die Bybel verduidelik die posisie van sulke leiers. 1 Korinthiërs 6:9, 10 sê byvoorbeeld: “Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete . . . sal die koninkryk van God beërwe nie.”—Kyk ook Judas 7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel