Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 1/1 bl. 16-17
  • Nasies versamel by Megiddo

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nasies versamel by Megiddo
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Megiddo—’n Ou slagveld met profetiese betekenis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Armageddon—’n gelukkige begin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Armageddon—God se oorlog wat alle oorloë sal beëindig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Die “Vredevors” gaan Armageddon tegemoet
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 1/1 bl. 16-17

Tonele uit die Beloofde Land

Nasies versamel by Megiddo

“NAVORSERS blaas koud en warm uit een mond oor wêreldwye Armageddon”, het ’n wetenskaplike artikel berig oor die moontlikheid dat ’n kernoorlog ’n ysige “kernwinter” of ’n versengende “kernsomer” sal veroorsaak.

Miskien het jy sulke kommentare gesien wat “Armageddon” en ons kritieke tye met mekaar verbind. Wat is “Armageddon”? Jy sal seker graag wil weet, aangesien jou lewe daarby betrokke is.

Kyk na die lugfoto van Megiddo hierbo. Dit was ’n strategiese terrein in eertydse Israel. Die apostel Johannes het hierdie naam gebruik toe hy geskryf het van “die plek wat in Hebreeus genoem word Armageddon [berg van Megiddo]” (Openbaring 16:16). Kennis van die agtergrond van Megiddo werp lig op daardie woorde.

Jy kan die ligging daarvan op die bygaande kaart sien. Dit was so te sê direk langs twee hoofpaaie geleë. Die Karmel-berge het die N—S-roete tussen Egipte in die suide en Damaskus of ander stede naby die Eufraat in die noorde versper. Leërs en handelskaravane is dus gedwing om deur ’n lae pas langs Megiddo te gaan, die pas aan die regterkant van die foto. Die N—S-pad wat daardeur geloop het, het die belangrike roete tussen Tirus en die Jordaanvallei, of Samaria en Jerusalem, in die Jisreëlvallei gekruis. Megiddo, wat reg langs hierdie roetes geleë was, kon feitlik beheer uitoefen oor almal wat daar verbygegaan het, en die vallei voor Megiddo het ’n plek van beslissende veldslae geword.

Dit was byvoorbeeld hier dat rigter Barak Kanaäniete verslaan het onder die leërowerste Sisera, wat 900 ysterwaens gehad het (Rigters 4:1-3, 12-16; 5:19). Later het Farao Nego ’n kragtige Egiptiese strydmag en strydwaens met die kusroete langs aangevoer (vandaar die naam, Via Maris, of Seeweg) as versterkings vir die Assiriërs naby die Eufraat. Judese koning Josia het om die een of ander rede besluit op ’n internasionale konfrontasie met Nego. Maar waar? Hoewel dit ongeveer 90 kilometer noord van Jerusalem was, het Josia die laagte naby Megiddo gekies.—2 Kronieke 35:20-22; Jeremia 46:2.

Hy het geweet dat die Egiptenare daar moet verbygaan, en hy het dalk gemeen dat hy ’n voorsprong op hulle sou hê, aangesien hy na aan ’n Israelitiese vesting sou wees. Soos jy kan sien, is Tel (heuwel) Megiddo taamlik groot. Die eertydse stad was ontsagwekkend. Salomo het Megiddo versterk, klaarblyklik deur massiewe klipmure en ’n groot beskermingspoort te bou (1 Konings 9:15).a Links van die tel kan jy ’n groot, langwerpige kuil sien, wat die ingang tot ’n ingewikkelde watervoorraadstelsel was. Daar was trappe wat steil afgeloop het na ’n lang tonnel wat deur die onderliggende rots gekap is en wat die Israeliete toegang tot fonteinwater gegee het terwyl hulle teen ’n aanval beskerm is. Argeoloë het ook ruïnes van ’n stal vir ongeveer 450 perde ontdek, wat waarskynlik uit die tyd van Agab se heerskappy dateer.—Vergelyk 1 Konings 9:19.

In die beslissende veldslag naby Megiddo is Josia dodelik gewond, en hy het tydens die terugtog na Jerusalem gesterf (2 Konings 23:28-30). Dit was moontlik die oorsaak van ‘die rouklaag in die laagte van Megiddo’ wat in Sagaria 12:11 gemeld word. Nie lank na Josia se neerlaag nie het Babilon sy militaristiese invloed na verswakte Judea uitgebrei.—2 Konings 24:1, 2, 12-14; 2 Kronieke 36:1-6.

Met sulke agtergrondinligting kan jy besef waarom Megiddo in die Openbaring wat aan die apostel Johannes gegee is, gebruik word om te voorspel hoe ‘die konings van die aarde hulle vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God’ versamel. Geen enkele plek op aarde, gewis nie die laagte wat deur Tel Megiddo beheers word, kan al die nasies wat teen God gekant is, bevat nie. Maar Armageddon beeld gepas die situasie vir daardie beslissende oorlog af.—Openbaring 16:14, 16; 19:11-21.

Laat politici en koerantmanne dus verkeerdelik aan Armageddon dink as ’n kernoorlog wat ons aardbol sal uitwis. As jy die geskiedenis van Megiddo in gedagte hou, kan jy die kwessie beter verstaan. Jy kan besef dat Armageddon die situasie is waarin die nasies spoedig gebring sal word vir die groot oorlog wanneer God die huidige goddelose stelsel sal uitwis en die weg sal baan vir ’n regverdige nuwe wêreld.—2 Petrus 3:11-13.

[Voetnoot]

a Jy kan in Die Wagtoring van 15 Augustus 1988, bladsye 24-26, ’n boeiende verslag oor Megiddo se poort lees.

[Kaart op bladsy 17]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Groot See

Na Damaskus

Na Tirus

See van Galilea

Akko

Karmelreeks

Megiddo

Via Maris

Joppe

Na Egipte

Bet-Sean

Dotan

Samaria

Sigem

Na Jerusalem

Jordaan

M. 0 10

Km 0 10 20

[Erkenning]

Gebaseer op ’n kaart waarvan kopiereg voorbehou word deur die Prente-argief (Nabye Oosterse geskiedenis) en Israel se departement van landmeetkunde

[Prent op bladsy 16]

JY sal ’n groter foto van Megiddo in Jehovah se Getuies se kalender vir 1989 vind. Die ses foto’s daarin sal vanjaar in Wagtoring-artikels bespreek word, wat jy dalk saam met die kalender vir toekomstige gebruik wil hou.

[Erkenning]

Prente-argief (Nabye Oosterse geskiedenis)

[Prent op bladsy 17]

Hierdie Egiptiese snywerk kan jou help om Farao Nego se opmars verby Megiddo, waar hy koning Josia verslaan het, te visualiseer

[Erkenning]

Prente-argief (Nabye Oosterse geskiedenis)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel