Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 10/1 bl. 30
  • ’n Kykie na Griekeland

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Kykie na Griekeland
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 10/1 bl. 30

’n Kykie na Griekeland

Die vroegste bekende inwoners van Griekeland is loniërs genoem. Die naam kom glo van hulle voorvader Jawan (Hebreeus: Ya·wanʹ), ’n seun van Jafet en derhalwe ’n kleinseun van Noag (Genesis 10:1, 2). In die Christelike Griekse Skrifte van die Bybel word Griekeland Hel·lasʹ genoem. Dit is ’n ruwe en rotsagtige land, met ’n paar dig beboste berge. Die Grieke het lank gelede ervare seevaarders geword.

Die eertydse Grieke het talle gode gehad, wat volgens beskrywing ’n menslike gestalte gehad het en baie mooi was. Hierdie gode het kwansuis geëet, gedrink en geslaap; en hoewel hulle as heilig en onsterflik beskou is, het hulle ook ander verlei en verkrag en was hulle in staat tot bedrog en misdadigheid. Dalk is sulke mites in werklikheid verdraaide herinneringe van die tyd voor die Vloed toe engeleseuns van God gerebelleer het en na die aarde gekom, met vroue saamgewoon en magtige nakomelinge voortgebring het wat Nefilim genoem is, en die aarde met geweld gevul het.—Genesis 6:1-8, 13.

In die vierde eeu v.G.J. het Filippus van Macedonië, vader van Alexander die Grote, hom dit ten doel gestel om die voormalig onafhanklike Griekse stadstate te verenig en onder die beheer van Macedonië te bring. In die tweede eeu v.G.J. het Griekeland ’n Romeinse provinsie geword, en die Griekse kultuur het na Rome versprei.

Die algemene gebruik van koine-Grieks het tot die vinnige uitbreiding van die Christelike goeie nuus dwarsdeur die gebied van die Middellandse See bygedra.

Die apostel Paulus het Macedonië en Griekeland gedurende sy tweede en derde sendingreise besoek. Hy het Christengemeentes in Filippi, Thessalonika, Korinthe en Berea gestig. Silas, Timotheüs, Titus en ander vroeë Christene het ook hier onderrig. Griekeland het vandag meer as 320 gemeentes van Jehovah se Getuies en oor die 23 000 verkondigers van God se Koninkryk.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel