Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 10/1 bl. 3
  • Die teken—Nie net geskiedenis nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die teken—Nie net geskiedenis nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Aardbewings—’n Teken van die einde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Hoe ons weet dat Armageddon naby is
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Die teken van die laaste dae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Herken jy die teken van Jesus se teenwoordigheid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 10/1 bl. 3

Die teken—Nie net geskiedenis nie

IN Jerusalem, in die Midde-Ooste, is daar ’n fassinerende geskiedkundige plek wat redelike mense vandag eenvoudig nie kan ignoreer nie. Dit is die hoogliggende gebied waar daar, om die woorde van die eerste-eeuse Romeinse geskiedskrywer Tacitus aan te haal, “’n tempel van ontsaglike rykdom” gestaan het. Daar is niks meer van die tempelgeboue oor nie, maar die tempelplein bestaan nog. Dit getuig van die betroubaarheid van ’n profetiese teken wat jou raak.

Argeoloë het talle ontdekkings suid van die tempelplein gedoen. “Een van die interessantste vondste”, sê J. A. Thompson in The Bible and Archaeology, “was ’n paar kolossale blokke Herodiaanse messelwerk wat blykbaar tydens die vernietiging van Jerusalem in 70 nC bo van die tempelmuur afgegooi is.”

Die vernietiging van Jerusalem en sy tempel is voorspel 37 jaar voordat dit gebeur het. Nie minder nie as drie geskiedskrywers het Jesus Christus se woorde dat “daar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie” op skrif gestel (Lukas 21:6; Mattheüs 24:1, 2; Markus 13:1, 2). Na hierdie voorspelling het ’n gesprek gevolg wat almal, jou inkluis, vandag raak.

“Meester”, het sy dissipels hom gevra, “wat is die teken wanneer dit gaan gebeur?” Jesus het gesê dat die tydperk voor die tempel se vernietiging deur oorloë, aardbewings, voedseltekorte en pessiektes gekenmerk sou word. “Hierdie geslag”, het hy bygevoeg, “sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.”—Lukas 21:7, 10, 11, 32.

Het daardie geslag die vervulling van “die teken” beleef? Ja. Die Bybel maak melding van “’n groot hongersnood” sowel as drie aardbewings, waarvan twee ‘groot aardbewings’ was (Handelinge 11:28; 16:26; Mattheüs 27:51; 28:1, 2). Volgens sekulêre geskiedenis was daar ook ander aardbewings en voedseltekorte gedurende daardie tydperk. Dit was ook ’n tyd van oorloë, waarvan twee deur die Romeinse leërs teen die inwoners van Jerusalem gevoer is. Die tweede beleg van Jerusalem het verskriklike hongersnood en pessiektes tot gevolg gehad en tot die vernietiging van die stad en sy tempel in die jaar 70 G.J. gelei. Die terrein in Jerusalem waar die tempel vroeër gestaan het, is stille getuienis van daardie verskriklike eerste-eeuse gebeure.

‘Dit is interessant’, sê iemand moontlik, ‘maar hoe raak dit my?’ In soverre dat die teken nie maar net geskiedenis is nie. Dit het net gedeeltelike vervulling in die eerste eeu ondergaan. Jesus het byvoorbeeld ook ’n tyd voorspel wanneer die mensdom weens “tekens . . . aan son, maan en sterre” en “die gebulder van die see” groot vrees sou ervaar. Hierdie aspek van die teken sou die nabyheid van “die koninkryk van God” kenmerk—’n regering wat blywende bevryding van wêreldbenoudheid gaan bewerkstellig.—Lukas 21:25-31, NAV.

Sulke dinge het nie in die eerste eeu plaasgevind nie. Vandag, 1 900 jaar later, wag die mensdom steeds om van oorloë, aardbewings, voedseltekorte en pessiektes bevry te word. Die teken moet derhalwe ’n tweede, algehele vervulling hê. Die boek Openbaring bevestig dit deur middel van profetiese afbeeldings wat met die teken ooreenkom, en tog is dit ná Jerusalem se vernietiging geskryf (Openbaring 6:1-8). Die belangrike vraag ontstaan dus: Het ons die teken al in ons dag gesien?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel