Onthou jy?
Het jy dit geniet om die onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:
◻ Wat is die tema van die hedendaagse, Bybelse evangelisasie?
Die kern van die ware evangelis se boodskap vandag is die goeie nuus van God se Koninkryk in die hande van sy aangestelde Heerser, Jesus Christus. Dit sluit al die waarhede in wat Jesus gespreek en wat sy dissipels opgeteken het (Mattheüs 24:14; 28:19).—1/1, bladsy 4.
◻ Waarom is dit nodig om aan te hou om die goeie nuus te verkondig in gebiede waar daar min of geen resultate is nie?
Jehovah het deur Christus Jesus beveel dat die ‘goeie nuus in die hele bewoonde aarde verkondig meet word’ (Mattheüs 24:14, NW). Wanneer mense weier om te luister, bied dit ons ’n geleentheid om die diepte van ons liefde vir en toegewydheid aan Jehovah te toon deur aan te hou doen wat reg is. Buitendien beweeg ons liefde ons om ons naaste te waarsku oor wat die toekoms vir die mensdom inhou (1 Johannes 5:3; 2 Timotheüs 4:2).—1/1, bladsy 26.
◻ Watter voordele verskaf die voltydse bediening talle Koninkryksverkondigers?
Dit help hulle om die vrugte van die gees in groter mate aan te kweek, meer liefde aan mense te betoon, bekwamer in die bediening te wees en in groter mate op Jehovah te vertrou. Sodoende geniet hulle ’n intiemer verhouding met Jehovah.—1/15, bladsy 26.
◻ Watter rigting het alle Bybelskrywers aangedui en op watter voorneme van God het hulle gewys hoewel hulle styl van mekaar verskil het?
Hulle almal het getoon wat Jehovah God gaan doen om die mensdom gelukkig te maak en ook wat mense self moet doen om God se goedkeuring weg te dra.—2/1, bladsy 7.
◻ Wat is ’n paar van die belonings en voordele van eerlikheid?
’n Klimaat van vertroue en vrymoedigheid word geskep, en dit lei tot heilsame gesindhede en verhoudinge. Eerlikheid dra ook daartoe by dat ons ’n rein gewete het, en dit bring gemoedsrus mee, sodat ’n mens ander sonder verleentheid in die oë kan kyk (Hebreërs 9:14; 1 Timotheüs 1:19).—2/15, bladsy 7.
◻ Wie se gebede word deur die almagtige God aangehoor en verhoor?
Jehovah luister na gebede wat deur die regte kanaal, Jesus Christus, op die regte manier, en met die regte geestes- en hartsgesindheid tot hom gerig word. God verhoor sulke gebede ooreenkomstig sy goddelike wil en op sy gekose tyd.—3/15, bladsy 7.
◻ Watter belangrike gebeurtenis het in die 20ste jaar van koning Artasasta se heerskappy (455 v.G.J.) plaasgevind?
Nehemia het toestemming gekry om terug te gaan en Jerusalem en sy mure te herbou. Hierdie bevel was die begin van die “sewentig weke” van jare van Daniël se profesie wat Jesus se verskyning as “Messias die Leier” presies op tyd in die jaar 29 G.J. voorspel het (Daniël 9:24, 25, NW; Nehemia 1:1; 2:1-9).—3/15, bladsye 28, 29.
◻ Wat is die beste manier om gesinsprobleme te hanteer?
Met liefde, want die Bybel sê: “Laat alles by julle in liefde geskied.” Ook: “Die liefde sal ’n menigte sondes bedek” (1 Korinthiërs 16:14; 1 Petrus 4:8). Dit moet ’n diepgewortelde liefde wees wat bereid is om die onvolmaakthede van ander gesinslede wat ons andersins kan irriteer en op ons senuwees kan werk oor te sien.—4/1, bladsye 6, 7.