Musiek wat genees
’n Jong moeder uit Iowa, VSA, verduidelik: “Ek moet eenvoudig aan julle skryf om vir julle te vertel hoeveel julle [klavier]- kassetbande ‘Sing Praises to Jehovah’ vir my en my gesin beteken. Ek sus elke dag my driejarige kindjie aan die slaap. Maar ons skakel eers een van die bande aan, en dan kry ek my liedereboek en sing saam terwyl sy aan die slaap raak.”
Hierdie moeder beskryf verder die vroeggeboorte van haar jongste kind en sy beproewing in ’n respirator waar ’n buis in sy keel geplaas is. Sy vertel: “Ek het die verpleegsters gevra of ons ’n bandopnemer en ’n paar musiekkassette vir hom kan bring. Hulle het gesê dat ons kan. Die verpleegsters kon nie glo hoe die bande hom gehelp het om te ontspan nie. Hulle het gesê dat hulle net sy musiek vir hom hoef te speel sodra hy rusteloos raak. Een verpleegster het selfs gesê: ‘Ek wens ons het hierdie soort musiek vir al die babas gehad. Dis so pragtig. Al wat hierdie babas hoor is die pieptoon van hulle kontrole-apparate.’”
Talle het inderdaad hierdie musiek genesend vir hul siel gevind. Die pragtige album met die titel “Sing Praises to Jehovah”, wat agt kassette bevat, is beskikbaar teen slegs R40. Jy kan jou album ontvang deur die bygaande koepon in te vul en saam met jou geld te pos.
Stuur asseblief die album “Sing Praises to Jehovah” met die agt musiekbandopnames posvry aan my. Ek sluit R40 in.