Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 12/1 bl. 8-9
  • Die brode en die suurdeeg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die brode en die suurdeeg
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Die brode en die suurdeeg
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Hy vermeerder brode en gee ’n waarskuwing oor suurdeeg
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Jesus voed duisende wonderdadig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Jesus voed duisende wonderdadig
    Die grootste mens wat nog geleef het
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 12/1 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Die brode en die suurdeeg

GROOT menigtes het in die Dekapolis na Jesus gestroom. Talle het van ver na hierdie streek met sy grotendeels heidense bevolking gekom om na hom te luister en van hulle siektes genees te word. Hulle het groot mandjies, of pakmandjies, waarin hulle na gewoonte proviand dra wanneer hulle deur heidense gebiede reis, saam met hulle gebring.

Maar uiteindelik roep Jesus sy dissipels en sê: “Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie. En as Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op die pad beswyk, want sommige van hulle kom van ver.”

“Waarvandaan sal ’n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?” wil die dissipels weet?

Jesus vra: “Hoeveel brode het julle?”

“Sewe”, antwoord hulle, “en ’n paar vissies.”

Jesus sê die mense aan om op die grond te gaan sit, waarna hy die brode en die visse neem, tot God bid, dit breek en dit aan sy dissipels begin gee. Op hulle beurt bedien hulle die mense, wat almal eet tot hulle versadig is. Wanneer die oorskietkos daarna opgetel word, is daar sewe proviandmandjies vol, selfs al het ongeveer 4 000 manne, sowel as vroue en kinders, geëet!

Jesus stuur die menigtes weg, klim saam met sy dissipels in ’n skuit en vaar na die westelike oewer van die See van Galilea. Hier probeer die Fariseërs, wat hierdie keer vergesel word deur lede van die godsdienssekte van die Sadduseërs om Jesus te versoek deur hom te vra om hulle ’n teken uit die hemel te laat sien.

Jesus is bewus van huIle pogings om hom te versoek en antwoord: “In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi. En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?”

Hierop noem Jesus huIle sleg en owerspelig en waarsku hy hulle dat, soos hy vroeër vir die Fariseërs gesê het, geen teken behalwe die teken van Jona aan hulle gegee sal word nie. Hy en sy dissipels vertrek in ’n skuit en vaar na Betsaida op die noordoostelike oewer van die See van Galilea. Onderweg daarheen kom die dissipels agter dat hulle vergeet het om brood te bring, want hulle het net een brood.

Met sy onverwagte ontmoeting met die Fariseërs en die Saddusese ondersteuners van Herodes in gedagte vermaan Jesus: “Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.” Omdat die dissipels dink dat Jesus praat van die feit dat hulle vergeet het om brood te bring, hulle assosieer suurdeeg blykbaar met brood, begin hulle om onderling oor die saak te redeneer. Jesus merk hulle misvatting op en sê: “Waarom ‘redeneer julle dat julle geen brode het nie?”

Jesus het duisende mense kort tevore wonderdadig van brood voorsien—dalk het hy hierdie wonderwerk net ’n dag of twee tevore verrig. Hulle behoort te weet dat hy nie bekommerd is oor ’n tekort aan letterlike brode nie. “Onthou julle nie”, herinner hy hulle, “toe Ek die vyf brode vir die vyfduisend gebreek het, hoeveel mandjies vol brokstukke julle opgetel het nie?”

“Twaalf”, antwoord hulle.

“En die sewe vir die vierduisend—hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel?”

“Sewe”, antwoord hulle. “Hoe verstaan julle dan nie”? vra Jesus.

“Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs nie?”

Die dissipels snap uiteindelik wat hy gesê het. Suurdeeg, ’n bestanddeel wat gisting veroorsaak en brood laat rys, was ’n woord wat dikwels gebruik is om verdorwenheid aan te dui. Die dissipels begryp dus nou dat Jesus ’n simbolisme gebruik, dat hy hulle waarsku om op hulle hoede te wees teen “die leer van die Fariseërs en Sadduseërs”, want hierdie leer het ’n verderwende invloed. Markus 8:1-21; Mattheüs 15:32–16:12.

◆ Waarom het mense groot proviandmandjies by hulle?

◆ Watter bootreise onderneem Jesus nadat hy die Dekapolis verlaat?

◆ Watter misvatting het die dissipels aangaande Jesus se woorde oor suurdeeg gehad?

◆ Wat het Jesus met “die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs” bedoel?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel