Het jy dit misgeloop?
◼ Is die dode lewend?
◼ Die wêreldmagstryd—Wie gaan wen?
◼ Lewe ons in “die tyd van die einde”?
◼ VIGS—Wie verkeer in gevaar? Hoe kan jy jouself beskerm?
◼ Terrorisme—Is enigiemand veilig?
◼ Drink en bestuur
Hierdie is net ’n paar van die onderwerpe wat die afgelope jaar in Die Wagtoring en sy medetydskrif Ontwaak! bespreek is. Soortgelyke onderwerpe sal in die komende maande bespreek word.
Die waarde van Ontwaak! is toegelig toe ’n inspekteur gemoeid met motoristevoorligting ’n eksemplaar van die nommer oor “Drink en bestuur” ontvang het. Hy het meer as 400 eksemplare vir gebruik in hulle voorligtingsprogram vir motoriste bestel.
MOENIE DIE VOLGENDE 12 MAANDE MISLOOP NIE
Stuur asseblief ’n jaarintekening op Die Wagtoring en Ontwaak! Ek sluit R18 in.