Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 4/1 bl. 3
  • God—Is hy ’n werklike persoon?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God—Is hy ’n werklike persoon?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Is God ’n werklike persoon?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Is God oral?
    Ontwaak!—2005
  • God—Hoe ons hom kan leer ken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Die aard van God
    Ontwaak!—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 4/1 bl. 3

God—Is hy ’n werklike persoon?

“DAAR moet ’n God wees”, het die Daily Express van 14 Augustus 1981 gesê. Die koerant het ’n berig bevat oor twee vooraanstaande wetenskaplikes wat skynbaar tot geloof in God bekeer is. Hulle nuutgevonde oortuiging het gespruit uit hulle ontdekking dat die wiskundige waarskynlikheid dat lewe spontaan kon ontstaan het uiters gering is. Maar wat het hierdie twee nuwe gelowiges bedoel toe hulle van “God” gepraat het? Die Daily Express berig: “Hulle sê God IS die heelal.”

Wat is jou begrip van God as jy aan hom glo? Beskou jy hom ook as ’n ondefinieerbare intelligensie, ’n abstrakte, alomteenwoordige krag, ’n groot “Iets”? Of beskou jy hom as ’n definieerbare, intelligente Persoon?

Party vind dit moeilik om aan God te dink as ’n Persoon. Hulle meen dalk selfs dat dit hom verlaag tot ’n bloot mensagtige wese—soos in die kinderlike voorstelling van ’n bejaarde man in ’n kapmantel en met ’n lang wit baard wat op ’n wolk sit. Of soos Michelangelo God in sy beroemde dakskildering in die Sixtynse kapel uitgebeeld het—’n gespierde, dinamiese ou man wat in die lug sweef.

Wanneer ons die woord “persoon” hoor, dink ons weliswaar outomaties aan ’n mens. Webster’s Third New International Dictionary definieer “persoon” byvoorbeeld as “’n individuele menslike wese”. Maar dit definieer “persoon” ook as “’n wese wat gekenmerk word deur bewuste begripsvermoë, denkvermoë en ’n sedelikheidsgevoel”. ’n Mens kan derhalwe tereg aan God as ’n Persoon dink sonder om hom as ’n mens voor te stel.

Maar party maak dalk beswaar: ‘Wat maak dit saak of jy God as ’n abstrakte krag of as ’n Persoon beskou?’ Wel, beteken dit nie dat, as God bloot ’n krag, ’n “Iets” is, menselewe eweneens bloot meganies is nie? Die mens sou dan verlaag wees tot ’n “ding”, ’n rat in ’n groot masjien. Maar sou dit die lewe nie groter sin gee as God ’n intelligente Persoon is nie? Dit sou inderdaad die geleentheid bied vir ’n verhouding met God—nie ’n verhouding tussen twee “dinge” nie, maar tussen twee persone.

’n Persoonlike verhouding met God sou uiteraard baie begeerlik wees. Maar ten eerste, hoe weet ons of God ’n Persoon is of nie? En hoe kan ons so ’n verhouding hê as hy wel ’n persoon is? Kom ons kyk wat die Bybel oor hierdie saak te sê het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel