Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 1/1 bl. 30-31
  • “Kom bymekaar”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Kom bymekaar”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Die vervaardiging van Bybellektuur vir gebruik in die bediening
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Die eerste takkantoor honderd jaar gelede
    Ontwaak!—2000
  • Hou aan om eenstemmig en vreugdevol uit te roep
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Hoe daar na die Heer se besittings omgesien word
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 1/1 bl. 30-31

“Kom bymekaar”

JEREMIA het die woorde hierbo gespreek toe eertydse Jerusalem en Juda deur onheil bedreig is. Dit was noodsaaklik dat berouvolle, ware aanbidders van Jehovah vir redding bymekaar moes kom. Die afvallige Christendom staan vandag eweneens op die punt om saam met die hele wêreldryk van valse godsdiens in ’n “groot verwoesting” vernietig te word. Hoewel baie jare verloop het sedert 1914, toe die geestelikes van die Christendom hulle volle steun aan die bloedbad van die Eerste Wêreldoorlog gegee het, het “die toorngloed van die HERE . . . nie bedaar nie”, net so min as wat dit bedaar het in die vergelykbare tydperk van die Judese konings, van bloedskuldige Manasse tot ontroue Sedekia. Die ootmoediges van die aarde moet Jehovah nou soek om behoue te bly.—Jeremia 4:5-8; 2 Konings 24:3, 4; Sefanja 2:2, 3.

Hoe word die hedendaagse waarskuwing gegee? Die tydskrif wat jy nou lees, is een doeltreffende instrument. Soos ’n wagter op sy wagtoring het hierdie tydskrif sedert 1879 gedurig die aandag gevestig op die naderende val van valse godsdiens, soos afgebeeld deur Babilon, en op die vreedsame Duisendjarige Heerskappy van Christus daarna (Jesaja 21:6-12; Openbaring 20:2, 3; 21:1-4). Vandat daar 6 000 eksemplare van sy eerste nommer in Engels gedruk is, het die verspreiding van Die Wagtoring—Kondig Jehovah se Koninkryk aan so uitgebrei dat dit vandag ’n wêrelwye verspreiding van 12 315 000 eksemplare in 103 tale geniet. Daarbenewens het die voorkoms daarvan oor die jare verbeter. Dit word nou in 21 tale in volle kleur gedruk, maar in ander tale verskyn dit ook in ’n aantreklike vorm, wat pas by die tydskrif se lewensbelangrike doel.

Omdat produksie toegeneem het, het dit nodig geword om die drukwerk te desentraliseer, sodat dit nou deur drukkerye van die Genootskap in 35 takke buite die Verenigde State gedoen word. Daarbenewens sal nommers van ons metgeseltydskrif, Ontwaak!, wat in die Verenigde State, Brasilië, Brittanje, Denemarke, Duitsland, Finland, Italië, Japan en Kanada gedruk word vanaf Januarie 1987 in volle kleur verskyn. In die Verenigde State het dit moontlik geword danksy die ingebruikneming van drie ultrasnel MAN-Roland-rotasieperse in die fabriek op Watchtower Farms, Wallkill, New York.

Die Genootskap se tak in Japan gebruik ook drie ultrasnel perse om Bybels, boeke en tydksrifte in ’n aantal Asiatiese tale te druk. Daarbenewens het hierdie tak milddadige steun aan die takke in Australië, Korea en Suid-Afrika verleen deur hulle met vierkleurperse toe te rus, sodat hierdie drie takke nou ook tydskrifte in volle kleur gaan druk.

Deur die jare heen het die Genootskap se takke hulle middele gedeel, terwyl die hoofkwartier die leiding gegee het. Baie is dus gehelp, na gelang van die behoefte, hetsy dit in die konstruksie of uitbreiding van takkantore, die verskaffing van toerusting of die finansiering van die allerbelangrikste predikingswerk in die veld is. Jehovah het hierdie “gelykheid”, wat moontlik gemaak is deur die ruimhartige bydraes van Jehovah se Getuies dwarsoor die aarde, ryklik geseën.—2 Korinthiërs 8:12-15.

Kyk bladsy 2 van hierdie tydskrif vir besonderhede oor intekeninge.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel