Die nut van leersame illustrasies
Visuele illustrasies kan dikwels belangrike gedagtes doeltreffender tuisbring as die geskrewe woord. ’n Moeder verduidelik hoe sy deur so ’n illustrasie vertroos is:
“Ek hou veral van die praktiese illustrasies in die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe omdat hulle so duidelik die aandag vestig op die punt wat bespreek word.
“Maar verlede Sondag het ek nog groter waardering gekry vir die veelsydigheid daarvan toe een van ons kinders in ’n ongeluk beseer is. Ons jongste seun, Aaron, het sy arm gebreek, en die dokter het verduidelik dat Aaron narkose sal moet kry om dit te spalk. Toe ons seun teater toe gestoot is, het my hart vinnig gesink. Namate die tyd verbygekruip het, het ek al hoe onrustiger geword.
“Toe het ek die illustrasie in hoofstuk 11, op bladsy 100, onthou. Die byskrif lui min of meer: ‘Net soos ’n ouer sal toelaat dat sy kind ’n pynlike operasie ondergaan, het God ook goeie redes om tydelik toe te laat dat mense ly.’ Terwyl ek die gedagte oor en oor vir myself gesê het het die vrede van God oor my gekom en het ek daarin geslaag om my kalmte en selfbeheersing te behou.”
Hierdie uitstekende publikasie bevat meer as 150 baie leersame illustrasies, waarvan die meeste in pragtige kleur is. Vul die bygaande koepon in en stuur dit saam met R4,50 aan ons om jou eksemplaar te ontvang.
Stuur asseblief die hardebandboek met 256 bladsye Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe posvry aan my. Ek sluit R4,50 in.