‘My seun het my geen oomblik met rus gelaat nie’
Dit is wat een vader gesê het toe hy onlangs na die takkantoor van die Wagtoringgenootskap in Peru gekom het. Hy het verduidelik:
“My seuntjie neul al weke lank dat ek vir hom die boek My boek met Bybelverhale moet kry. Vandat een van sy skoolmaats dit gekry het, het my seun my geen oomblik met rus gelaat nie. Ek het orals gesoek om uit te vind waar ek ’n eksemplaar kan kry. Ek het nie die vaagste benul gehad waar om te begin nie. Navrae by boekwinkels het niks opgelewer nie.
“Ek het dit aan een van my kantoorwerkers genoem, en hy het gesê ek moet na Jehovah se Getuies gaan om dit te kry. Ek het gesê: ‘Ag nee, nie daardie mense nie. Hulle kom gedurig na my huis toe, en ek wys hulle altyd weg.’ Maar hy het my oortuig dat julle nie so sleg is nie—om die waarheid te sê, hy het met lof van julle gepraat en gesê dat die boek wat ek soek regtig goed is. Hier is ek dus. Ek wil daardie boek hê.”
Ons dink dat jy ook hierdie pragtig geïllustreerde publikasie met groot druk sal wil hê. Die 116 Bybelverhale gee die leser ’n idee waaroor die Bybel gaan.
Stuur asseblief die hardebandboek My boek met Bybelverhale posvry aan my, waarvoor ek R4,50 insluit.