‘’n Skat om te deel’
Dit is hoe ’n 15-jarige hoërskoolleerling in Ohio, V.S.A., oor die publikasie Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? voel. Sy skryf:
“As goeie dinge tyd kos, moes dit eeue gekos het om hierdie pragtig geïllustreerde, eenvoudige boek saam te stel. Dit is absoluut boeiend! Ek bestudeer ’n hoofstuk per dag en vind dat ek wens ek het meer tyd gehad om aan my persoonlike studie van hierdie wonderlike hulp te wy.
“Ek het reeds ’n lys gemaak van vriende en onderwysers wat hierdie publikasie sal geniet. Wanneer die skool volgende maand begin, sal ek die voorreg hê om my skat met hulle te deel.”
Miskien voel jy net soos hierdie leerling oor die nuwe Skepping-boek. Ken jy iemand met wie jy hierdie skat wil deel? Stuur gerus vir daardie persoon ’n geskenkeksemplaar. Jy kan dit doen deur eenvoudig die koepon hieronder in te vul en dit saam met slegs R4,50 aan ons te stuur.
Stuur asseblief ’n geskenkeksemplaar van die boek met 256 bladsye Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? posvry aan die volgende persoon, tesame met ’n brief wat verduidelik dat dit ’n geskenk is van (jou naam). Ek sluit R4,50 in.