Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 9/1 bl. 30
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Glo Jehovah se Getuies aan die skeppingsleer?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Die skepping openbaar die lewende God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Insig in die nuus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Wetenskap, godsdiens en die soeke na waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 9/1 bl. 30

Vrae van lesers

▪ Is daar ’n verskil tussen “die skepping” en “die skeppingsleer”?

Ja, daar is. Die woord “skepping”, wat sowat 18 keer in die New World Translation of the Holy Scriptures voorkom, het tereg op Jehovah se skeppingswerk betrekking. (Kyk byvoorbeeld Romeine 1:20; 8:21; 2 Korinthiërs 5:17, NW.) Die woord “skeppingsleer” (Engels, “creationism”) kom nie in die Bybel voor nie.

Webster’s Third New International Dictionary (1971) definieer “skepping” as “die handeling van skep”, en “skeppingsleer” as “’n leerstelling of teorie oor skepping”.

In hierdie tagtigerjare is “die skeppingsleer” nie meer ’n neutrale woord nie, maar dit omvat uiterste fundamentalistiese beskouings van die Bybel, soos die beskouing dat God die aarde en alles daarop in ses dae van 24 uur elk geskep het. Daar is nou meer as 350 boeke in sirkulasie wat hierdie “skeppingsleer” uiteensit. Jehovah se Getuies verwerp die onredelike teorieë van “die skeppingsleer” ten gunste van wat die Bybel werklik oor “die skepping” leer.

Kyk asseblief die artikel “Evolusie, die skepping of die skeppingsleer​—Waaraan glo jy?” op bladsye 12-15 van ons medetydskrif Ontwaak! van 22 Julie 1983 vir ’n breedvoeriger antwoord op die bogemelde vraag.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel