Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 8/1 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Die onlangse kraal vir “ander skape”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • ’n Groot menigte ware aanbidders—Waar kom hulle vandaan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Die “goeie herder” en sy “ander skape”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 8/1 bl. 31

Vrae van lesers

◼ Kan daar gesê word dat ’n Christen wat aardse verwagtinge koester nou ’n lid van die “groot menigte” is, aangesien hy nog nie “die groot verdrukking” oorleef het nie?​—Openbaring 7:9, 14.

Ja, dit is gepas met die oog op sy of haar vooruitsigte.

Openbaring hoofstuk 7 meld twee groepe. Eerstens die 144 000 “verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel” (Openbaring 7:4). Openbaring 14:1-5 toon dat die 144 000 “van die aarde vrygekoop is” om “eerstelinge vir God” te word. Hulle is derhalwe diegene wat saam met Christus in die hemel sal regeer (Galasiërs 6:16; 2 Timotheüs 4:18). Die tweede groep is “’n groot menigte wat niemand kon tel nie”, wat “uit die groot verdrukking kom”.

Volgens die verband beeld Openbaring 7:9-17 die aardse oorlewendes van die komende verdrukking af. Iemand wat dus uiters tegnies wil wees, sal dalk die uitdrukking “groot menigte” beperk tot persone wat daardie verdrukking oorleef het. Maar is so ’n eng beskouing nodig? Ons meen nie dat dit nodig is nie. Die oorlewendes sou uiteraard voor “die groot verdrukking” versamel moes geword het sodat hulle vir oorlewing in aanmerking kan kom. Ons gebruik derhalwe die uitdrukking “groot menigte” vir lojale Christene wat Jehovah God nou dien met die vooruitsig om behoue te bly en om ‘gelei te word na waterfonteine van die lewe’ op die aarde (Openbaring 7:17). As ’n lid van die “groot menigte” nou, net voor die “groot verdrukking”, sou sterf, is daar alle rede om na sy of haar opstanding tot lewe op die aarde uit te sien.

Soortgelyke argumente kan ten opsigte van die uitdrukking “ander skape” aangevoer word. In Johannes 10:7-16 het Jesus eers van sy “skape” gepraat wat, volgens ons begrip, die “klein kuddetjie” is wat vir hemelse lewe bestem is. Jesus het vervolgens gesê: “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie [hemelse] stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.” Ons het dikwels Skriftuurlike bewyse aangevoer wat die “ander skape” identifiseer as die wat die vooruitsig op aardse lewe het.​—Lukas 12:32.

Iemand redeneer dalk: Jesus het gewys op ’n toekomstige insameling van “ander skape”, en daarom is die uitdrukking slegs van toepassing op diegene wat, nadat Jesus gepraat het, die Bybelse hoop op die ewige lewe op die aarde sou aanvaar. Maar dit lyk onnodig om die uitdrukking so te beperk, asof Jesus sake chronologies of in volgorde uiteengesit het. Ons glo dat hy die klem daarop gelê het dat hy die herder van die verenigde skape was. Sommige “skape” kom in ’n stal om hemel toe te gaan. Daar is ook ander skape wat hom as herder sal aanvaar; hulle sal in eendrag wees met die wat eerste genoem is. Volgens hierdie beskouing sluit die uitdrukking “ander skape” geloofsmanne in wat gesterf het voordat Jesus die weg tot die hemel geopen het, manne soos Noag, Abraham, Job, Dawid en Johannes die Doper (Mattheüs 11:11; Handelinge 2:29; Hebreërs 10:19, 20). Wanneer hulle in die nuwe stelsel opgewek word, kan hulle die Goeie Herder aanvaar en die vooruitsig op eindelose aardse lewe saam met die res van Jesus se “ander skape” hê.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel