“Die beste natuurwetenskapboek wat ek nog gelees het”
Dit is ’n voormalige evolusionis se opinie van die boeiende boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Hy skryf:
“As ’n voormalige natuurwetenskapstudent is ek verstom oor die duidelikheid en die krag van hierdie nuwe boek. Die ontsagwekkende beskrywings van die heelal, die melkweë en al die ingewikkelde besonderhede wat lewe op die planeet Aarde moontlik maak, het my aangegryp. Ek is verbaas en verheug oor die magdom hartroerende inligting oor dierelewe en die instinktiewe wysheid oral rondom ons. En die beskrywings van die mensebrein en sy ontsaglike prestasies het my nederig laat voel.
“Al sou hierdie boek nie die kwessie van evolusie versus die skepping vir ’n persoon oplos nie, dink ek dat dit die beste natuurwetenskapboek is wat ek nog gelees het om waardering vir die lewe en die ingewikkeldhede van lewende dinge op te bou. Dit is wetenskaplik hoogs gesofistikeerd, maar tog op ’n vlak wat enigeen kan waardeer.”
Jy kan hierdie pragtig geïllustreerde boek met 256 bladsye ontvang deur die bygaande koepon in te vul en saam met R4,50 in te stuur.