Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 7/1 bl. 29
  • ’n Argeoloog wat Bybelwaarheid waardeer het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Argeoloog wat Bybelwaarheid waardeer het
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Word van God—bewyse van egtheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Is die Bybel verander?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Studie nommer 6—Die Christelike Griekse teks van die Heilige Skrif
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Wat het van daardie verse geword
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 7/1 bl. 29

’n Argeoloog wat Bybelwaarheid waardeer het

“DIE laaste grond vir enige twyfel dat die Skrif ons bereik het wesenlik soos dit geskryf is, is nou uit die weg geruim.” Hierdie woorde van sir Frederic Kenyon, wat op bladsy 289 van sy boek The Bible and Archaeology (1940) verskyn, is op bladsy 53 van die Wagtoringgenootskap se boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe aangehaal. Waarom het Kenyon tot hierdie gevolgtrekking gekom? Dit was omdat nuutgevonde papirusmanuskripte geskryf is so kort na die tyd dat die Skrif saamgestel is dat hy die tussenperiode as “onbeduidend” kon bestempel. En tog het hierdie papirusse geen betekenisvolle afwyking van onlangser manuskripte getoon nie. Dit het “die egtheid en die algemene integriteit” van die latere manuskripte waaruit die Bybel vertaal is, bevestig.

Dit is interessant dat een van Jehovah se Getuies oor hierdie beroemde argeoloog skryf: “Sir Frederic Kenyon het etlike van die Genootskap se publikasies gehad, want deur die jare heen was dit my voorreg om verskeie boeke by hom te laat en met hom te korrespondeer. Ek het hom vroeg in 1936 leer ken. . . . Dit was ’n boek deur dr. Kenyon wat my op die hoogte van die Bybel se oorsprong gebring het. Ek het aan hom geskryf en dit vir hom gesê. Later het ek sy boek The Story of the Bible ontvang met die inskripsie: ‘Met die beste wense van die skrywer, F. G. Kenyon, 1 Mei 1937.’

“Na ontvangs van die boek ‘Die waarheid sal julle vrymaak’, wat deur ons Genootskap uitgegee is, het hy aan my geskryf: ‘Julle oogmerk is dieselfde as myne, om mense te oorreed om die Bybel te lees en te glo; maar julle spreek tot ’n baie breër publiek. My boeke is hoofsaaklik gerig tot diegene wat verontrus is deur wat hulle vertel word oor die resultate van hedendaagse kritiek en ontdekkings, terwyl julle boek tot alle klasse en soorte lesers spreek. Ek wens julle alle sukses toe met julle werk.’

“In ’n brief oor twee ander publikasies van ons Genootskap het hy weer eens van ons gemeenskaplike doelwit gepraat, naamlik ‘om mense aan te spoor om die Bybel te lees, en dit intelligent te lees’, en hy het bygevoeg: ‘Ek is bly om te hoor dat julle boeke ’n wye verspreiding in talle lande geniet.’ . . .

“In 1948 het sir Frederic die boek The Bible and Modern Scholarship uitgegee as teëwig teen ’n boek deur dr. Barnes, biskop van Birmingham, wat dele van die Bybel, onder meer dié wat handel oor die verlossing deur Christus Jesus, as ‘volksoorleweringe’ bestempel het. In sy inleiding het dr. Kenyon gesê: ‘’n Noukeurige ondersoek van die Biskop se boek het my daarvan oortuig dat dit geen ingeligte weergawe van die resultate van moderne navorsing is nie, maar eerder ’n herlewing van ’n denkrigting van kritiek wat sowat sewentig jaar gelede in die mode was, terwyl dit die resultate van die afgelope vyftig jaar feitlik heeltemal ignoreer.’ Kenyon het oor sy eie boek gesê: ‘Myns insiens het die tyd aangebreek . . . om vertroue in die Bybel as ’n gids tot waarheid en ’n grondslag vir gedrag te herstel. . . . Ek kan maar net hoop dat [hierdie boek] diegene sal help wat op die Christelike godsdiens vertrou as die een hoop vir ons verwarde wêreld en op die Bybel as ’n vaste grondslag vir die Christelike geloof.’

“Hierdie wêreldberoemde Bybelgeleerde, wat so goedgunstig oor die werk en publikasies van Jehovah se Getuies geskryf het, was ’n nederige man met opregte goedheid. . . . In 1889 het hy, nadat hy as student aan Oxford uitgeblink het, by die Britse Museum as ’n assistent in die Departement van Manuskripte gaan werk. Later is hy tot assistent-kurator van manuskripte bevorder en in 1909 tot Direkteur en Hoofbibliotekaris van die Britse Museum. Gedurende die eerste deel van sy lang dienstyd was Bybelmanuskripte en die ontdekking van papirusse sy vernaamste belangstelling; later was hy as Direkteur verantwoordelik vir die argeologiese ekspedisies na Karchemis en Ur. Na sy aftrede het hy ’n hand gehad in die verkryging van die Kodeks Sinaiticus en die publikasie van die Chester Beatty-papirusse wat gehelp het om die egtheid van die Griekse Skrifte te bevestig.

“Ten slotte is dit gepas om die volgende uit sy boek The Story of the Bible aan te haal: ‘Die Bybel het ’n mensegeskiedenis sowel as goddelike inspirasie. Dit is ’n baie interessante geskiedenis, en dit is een wat almal wat hulle Bybel waardeer, behoort te ken. . . . Dit is gerusstellend om op die ou end te vind dat die algemene resultaat van al hierdie ontdekkings en al hierdie studie is dat die bewys van die egtheid van die Skrif versterk word, asook ons oortuiging dat ons die ware Woord van God, wesenlik getrou, tot ons beskikking het.’”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel