Onthou jy?
Het jy goed aandag geskenk aan onlangse nommers van Die Wagtoring? Dan sal jy waarskynlik die volgende onthou:
◻ In watter mate het Jesus sy liefde vir die mensdom getoon?
Hy was bereid om ’n hemelse tuiste van vrede en sekuriteit te verlaat om met die sieklike en sterwende mensdom saam te eet, te slaap en om te gaan. Daarna het Jesus vrywillig sy volmaakte mensebestaan opgeoffer om ’n losprys tot voordeel van die mensdom te voorsien (Mattheüs 20:28).—15/12, bladsye 3, 4.
◻ Watter persoonlike voordele geniet die Christen wat selfbeheersing aankweek?
Die Christen verkry meer selfrespek deur selfbeheersing aan die dag te lê. Hy geniet ook groter vrede en geluk in gesins-, gemeentelike en daaglikse verhoudinge. Selfbeheersing help hom bowenal om ’n goeie verhouding met sy Skepper op te bou en om hom as ’n ware Christen te onderskei.—15/12, bladsy 24.
◻ Wat moet die onderliggende beweegrede wees wanneer ons gasvryheid betoon?
Hoewel dit aangenaam is om dankbetuigings van ander te ontvang en te besef dat ons pogings waardeer word, betoon ons gasvryheid veral omdat dit die regte en liefdevolle ding is om te doen. Bowendien behaag dit Jehovah God.—15/1, bladsy 22.
◻ Hoe raak die ruiter op die wit perd, wat in Openbaring 6:2 beskryf word, jou lewe?
Jesus is die ruiter op die wit perd, en hy het sy hemelse tog in 1914 begin. Hy het die uitwerking van sy heerskappy op mense soos volg beskryf: “Wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom . . . dan sal Hy . . . die nasies . . . van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei.” Vandag word die hele mensdom aldus geskei, en jou reaksie op die Koninkryksboodskap sal vir jou òf die lewe òf die dood beteken (Mattheüs 25:31-33; 24:14).—15/1, bladsy 6.
◻ Op watter maniere vertroos en onderskraag Jehovah sy knegte?
Jehovah vertroos en onderskraag sy knegte deur middel van sy heilige gees (1 Petrus 4:12-14). Hy vertroos hulle ook deur hulle gebede te verhoor (Filippense 4:6, 7). Daarbenewens is God se Woord ’n groot bron van vertroosting, daar dit sy knegte die versekering gee dat niks met hulle kan gebeur wat Jehovah nie sien of kan beheer nie.—1/2, bladsy 19.
◻ Wat is die apokalips wat in die Bybel voorspel word?
Dit is God se doelbewuste ingryping in menseaangeleenthede.—15/2, bladsy 7.
◻ Wat beteken Jesus se woorde “lewe in julleself” in Johannes 6:53?
In Johannes hoofstuk 6 stel Jesus “die ewige lewe” gelyk met die besit van “lewe in julleself”, dit wil sê, die uiteindelike betreding van die volheid van lewe. Die “klein kuddetjie” Koninkrykserfgename ondervind dit by hulle opstanding tot hemelse lewe, en die “ander skape” ontvang dit aan die einde van die Duisendjarige Heerskappy van Christus Jesus (Openbaring 20:4, 5).—15/2, bladsy 19.
◻ Watter beginsel wat dwarsdeur die boek Nehemia beklemtoon word, hou vandag vir ons ’n les in?
Die beginsel is: “As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou” (Psalm 127:1). Vandag sal ons, in al ons ondernemings, slegs slaag as ons Jehovah se seën het.—15/2, bladsy 26.
◻ Wat het Job tydens sy beproewinge onderskraag, en hoe kan dit ons vandag help?
Job het vertrou dat hierdie lewe nie al is wat daar is nie (Job 14:13-15). As ons vandag dieselfde vertroue het dat Jehovah sy getroue knegte uit die dood sal opwek, kan dit ons help om enige beproewing te deurstaan wat Satan oor ons kan bring (Hebreërs 6:10; 11:6).—1/3, bladsy 20.
◻ Watter les kan ouers leer uit die gevolge van Dawid en Batseba se sonde?
Jehovah het Dawid begenadig vanweë die Koninkryksverbond, met die gevolg dat Dawid en Batseba se lewe gespaar is. Maar Jehovah se woordvoerder het vir hulle gesê: “Omdat u die vyande van die HERE deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe” (2 Samuel 12:14). Dit moet ouers laat besef dat hulle gedrag hulle kinders regstreeks kan raak.—15/3, bladsy 31.
◻ Watter vereistes word gestel vir iemand wat ’n goedgekeurde metgesel van Jehovah se Getuies wil word?
So ’n persoon moet die hele versameling Bybelleringe aanvaar, met inbegrip van die Skriftuurlike oortuigings wat eie aan Jehovah se Getuies is.—1/4, bladsy 31.
◻ Wat moet ons doen as slegte gedagtes van tyd tot tyd by ons opkom?
Ons moenie oor hierdie slegte gedagtes bly nadink nie. Om ons hiermee te help, moet ons Jehovah dadelik in gebed nader en ‘ons sorg op die HERE werp’ (Psalm 55:23).—1/4, bladsy 25.