’n Gedenkaand
Gedurende ’n eenvoudige seremonie het Jesus Christus wyn en ongesuurde brood gebruik as simbole van die offerande wat hy vir die mensdom sou bring.
Toe hy hierdie viering ingestel het, het hy gesê: “Doen dit tot my gedagtenis.”—Lukas 22:19.
Verlede jaar het 7 792 109 persone Jesus onthou deur die Herdenking van sy dood by te woon by spesiale vergaderinge wat wêreldwyd deur Jehovah se Getuies gehou is. Jy word hartlik uitgenooi om vanjaar die viering van die Gedenkmaal by die naaste Koninkryksaal by te woon.
Dit sal Maandag, 24 Maart, na sononder gehou word. Raadpleeg Jehovah se Getuies in jou omgewing vir die presiese tyd.