Die beste raad vir die huwelik vandag
“Jy moet beslis hierdie tydskrifte koop en hulle lees”, het die buurvrou hulle in die rede geval. “Weet jy waarom ek wil hê dat sy hulle moet lees?” het die buurvou vir die vrou gevra wat die tydskrifte aanbied. “Danksy julle publikasies is ek terug by my man. Ek het hom verlaat en een en ’n half jaar by my moeder gebly. Een van julle mense het daar besoek afgelê en vir my ’n publikasie gelaat wat ek later gelees het. Dit het my laat besluit om na my man terug te gaan. Ek lees steeds julle publikasies en is nou gelukkig getroud.” Vanwee hierdie aanbeveling het die huisbewoner die tydskrifte geredelik aanvaar.
Die Wagtoring en Ontwaak! bevat gereeld Bybelraad oor hoe om gesinsprobleme te hanteer. Stuur slegs R13 en jy sal albei tydskrifte (altesaam vier eksemplare per maand) een jaar lank ontvang.
Stuur asseblief Die Wagtoring en Ontwaak! ’n jaar lank aan my. Ek sluit R13 vir 48 nommers in.