’n Raat vir slegte senuwees
Met al die probleme wat mense vandag het, is dit geen wonder dat daar soveel spanningverwante siektes is nie. ’n Ouma in Kanada beskryf haar situasie en hoe sy verligting kry.
“Ek maak ’n elfjarige kleinseun groot en het onlangs ’n veertienjarige kleindogter gekry om te help. Ek ly aan my senuwees, maar ek wou julle net laat weet dat wanneer ek neerslagtig voel ek nie net tot Jehovah bid nie, maar iets anders gevind het wat werklik help.
“Ek laat alles staan en gaan lê of sit en luister na die Koninkryksmelodieë op band. Ek sluit my oë en stoot ander gedagtes uit my verstand deur soveel woorde moontlik te probeer onthou terwyl die musiek speel. Wanneer ek daar opstaan, voel ek baie beter en sien ek weer kans om aan te gaan.”
Jy kan ook baat vind by hierdie heilsame, verkwikkende musiek. Elkeen van die vyf kassette, Koninkryksmelodieë nrs. 1, 2, 3, 4 en 5, kos slegs R3,50 en speel amper ’n uur lank. Ontvang die kassette wat jy wil hê deur die bygaande koepon in te vul en te pos.
Stuur asseblief die kasset(te) wat ek aangedui het posvry aan my. Ek sluit R3,50 vir elke kasset in.
[ ] Koninkryksmelodieë nr. 1 [ ] Koninkryksmelodieë nr. 2
[ ] Koninkryksmelodieë nr. 3 [ ] Koninkryksmelodieë nr. 4
[ ] Koninkryksmelodieë nr. 5