Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 12/1 bl. 24-25
  • Hy onderrig Nikodemus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy onderrig Nikodemus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy onderrig Nikodemus
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Hy leer Nikodemus in die nag
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Leer ’n les by Nikodemus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Wie word weer gebore?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 12/1 bl. 24-25

Jesus se lewe en bediening.

Hy onderrig Nikodemus

TERWYL hy die Pasga van 30 G.J. bywoon, verrig Jesus merkwaardige tekens, of wonderwerke. Baie mense stel gevolglik geloof in hom. Nikodemus, ’n lid van die Sanhedrin, die Joodse Hoë Raad, is beïndruk en wil meer leer. Hy besoek Jesus dus gedurende die nag, moontlik omdat hy bang is dat dit afbreuk sal doen aan sy aansien by ander Joodse leiers as hy gesien word.

“Rabbi”, sê hy, “ons weet dat U ’n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met Hom is nie.” In antwoord vertel Jesus vir Nikodemus dat ’n persoon “weer gebore” moet word om in die Koninkryk van God in te gaan.

Maar hoe kan ’n persoon weer gebore word? “Hy kan tog nie ’n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?” vra Nikodemus.

Nee, dit is nie wat dit beteken om weer gebore te word nie. “As iemand nie gebore word uit water en Gees nie”, verduidelik Jesus, “kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.” Toe Jesus gedoop is en die heilige gees op hom neergedaal het, is hy “uit water en Gees” gebore. Deur die gepaardgaande aankondiging vanuit die hemel: ‘Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het’, kondig God aan dat hy ’n geestelike seun verwek het wat die vooruitsig het om in die hemelse Koninkryk in te gaan. Later, op Pinkersterdag van 33 G.J., het ander gedooptes die heilige gees ontvang en is hulle gevolglik ook as geestelike seuns van God weer gebore.

Maar die rol van God se spesiale menslike Seun is lewensbelangrik. “Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het”, sê Jesus vir Nikodemus, “so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo . . . die ewige lewe kan hê.” Ja, soos daardie Israeliete wat deur giftige slange gebyt is na die koperslang moes kyk om gered te word, moet alle mense geloof in God se Seun beoefen om van hulle sterwende toestand gered te word.

Ter beklemtoning van Jehovah se liefdevolle rol hierin sê Jesus vervolgens vir Nikodemus: “So lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Hier in Jerusalem, net ses maande na die aanvang van sy bediening, maak Jesus dit dus duidelik dat hy Jehovah God se middel is om die mensdom te red. Johannes 2:23-3:21; Mattheüs 3:16, 17; Handelinge 2:1-4; Numeri 21:9.

♦ Wat het tot Nikodemus se besoek aanleiding gegee, en waarom het hy in die nag gekom?

♦ Wat beteken dit om “weer gebore” te word?

♦ Hoe het Jesus sy rol in ons redding toegelig?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel