Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 12/1 bl. 19
  • Liefde, die “volmaakte band van eenheid”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Liefde, die “volmaakte band van eenheid”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah se gesin geniet kosbare eenheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Eenheid is ’n kenmerk van ware aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Christelike eenheid verheerlik God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Handhaaf eenheid in hierdie laaste dae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 12/1 bl. 19

Koninkrykverkondigers berig

Liefde, die “volmaakte band van eenheid”

LIEFDE onder Christene is “’n volmaakte band van eenheid”, en wanneer dit betoon word, bring dit ’n wêreldwye broederskap voort (Kolossense 3:14, NW). Ons broers in Afrika openbaar hierdie “volmaakte band van eenheid” deur liefde vir mekaar en vir Jehovah, die Bron en Onderhouer van die lewe te toon.​—Psalm 36:10; Handelinge 17:28.

◻ Talle gebiede in Zimbabwe is in ’n haglike toestand as gevolg van die onlangse driejarige droogte aldaar. Dit het natuurlik ons broers geraak wat in daardie gebiede woon. Ander Getuies het egter wonderlik op die hulpgeroep gereageer. Trouens, soveel klere is geskenk dat dit nodig was om die broers te laat weet om nie nog te skenk tot nadere kennisgewing nie. Danksy hierdie bystand, sowel as die wat deur die regering verleen word, het die meeste van ons broers die nodige hulp ontvang. “Daar word ook omgesien na die wat steeds behoeftig is”, berig die Genootskap se takkantoor.

Hierdie liefdevolle hulp van ons broers het nie onopgemerk gebly nie. Een ongelowige man het vir sy vrou, wat ’n Getuie is, gesê: “Terwyl ander die mense alles ontneem wat hulle het, voorsien julle [Getuies] hulle van voedsel en klere.” Ander het ook gunstige kommentare gelewer.

Die liefde onder Jehovah se Getuies dien as “’n volmaakte band van eenheid” en kenmerk hulle as ware Christene.​—Johannes 13:35.

◻ Nog ’n voorbeeld van die liefde en eenheid onder Jehovah se volk was opmerklik by die “Koninkrykseenheid”-Streekbyeenkoms wat in Freetown, Sierra Leone, gehou is. Afgevaardigdes van Guinee en Liberië, asook van verskillende dele van Sierra Leone, het hierdie byeenkoms bygewoon. Twee sessies is gelyktydig gehou​—een in Engels en Krio, die ander in Kisi en Frans. Die takkantoorverslag beskryf die liefde en eenheid wat by hierdie geleentheid geheers het. Dit sê:

“Dit was ’n roerende oomblik toe die Kisi- en Franssprekende broers by die Engelse sessie aangesluit het vir die slotlied en gebed. Talle het trane van vreugde gestort terwyl hulle gekyk het hoe ruim 400 afgevaardigdes oor die veld stap om Jehovah saam met hulle in lied en gebed eendragtig te aanbid.” Dit haal een waarnemer aan: “Jehovah weet hoe om sy volk te organiseer. Wat ’n duidelike blyk van eenheid!”

Hierdie eenheid word beklemtoon wanneer ons daaraan dink dat die teenwoordiges aldaar van verskillende stamme was en tog in vrede saam vergader het. Jehovah se gees is nodig om dit te doen. Hierdie eenheid is in Openbaring 7:9 voorspel: “Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ’n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande.” Vers 10 van dieselfde hoofstuk toon wat die geheim van hierdie eenheid is: “En hulle het met ’n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel