Die predikant het vergeet om kerk toe te gaan
’n Eksemplaar van hierdie boek is een môre by ’n predikant gelaat kort voor hy sy kerkdiens moes gaan hou. Hy het dadelik die boek begin deurkyk en so verdiep geraak daarin dat hy vergeet het om kerk toe te gaan om die diens te lei. Na ’n ruk is twee ampsdraers van die kerk na sy huis gestuur, en hulle het hom aangetref waar hy besig was om die Bybelverhale-boek te lees. Die predikant het vir hulle vertel hoe boeiend die boek is. Hulle het ook daarin verdiep geraak en nie teruggekeer nie.
Na nog ’n ruk het die ander in die kerk na die predikant se huis gekom en tot hulle verbasing die drie manne aangetref waar hulle My boek met Bybelverhale bespreek. Die gevolg? In plaas van die gewone kerkdiens was daar daardie oggend ’n informele bespreking van die Bybelverhale-boek. Baie wou hulle eie eksemplaar hê, en hulle het gevra dat ’n sendeling van Jehovah se Getuies vir hulle een bring.
Hierdie pragtig geïllustreerde boek met 256 bladsye gee die leser ’n geheelbeeld van wat die Bybel nou eintlik bevat. Jy kan ’n eksemplaar kry. Vul eenvoudig die bygaande koepon in en stuur dit weg saam met ’n bydrae van R3,50.
Stuur asseblief die hardebandboek My boek met Bybelverhale posvry aan my. Ek sluit R3,50 in.