Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 8/1 bl. 21
  • ‘Hulle versier die leer van ons God’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Hulle versier die leer van ons God’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Van depressie tot geluk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • “Wees heilig”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • “Uit die mond van kinders”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Voortreflike werke wat Jehovah verheerlik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 8/1 bl. 21

Koninkryksverkondigers berig

‘Hulle versier die leer van ons God’

DIE eenvoud en helderheid van Koninkrykswaarheid kan “versier” word deur diegene wat dit aan ander verkondig. Hoe? Deur hulle goeie gedrag. Let op hoe die apostel Paulus dit getoon het. Christenslawe is vermaan om “alle goeie trou [te] betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier” (Titus 2:10). Die volgende ondervindinge uit Argentinië lig die praktiese waarde van hierdie raad toe.

◻ Ses van Jehovah se Getuies het in ’n selfdienwinkel gewerk waar die eienaar as baie streng beskou is. Toe hulle gevra het om tyd af te kry om die Gedenkmaal van Christus se dood by te woon, is daar vir hulle gesê: “Kies tussen julle werk en julle vergaderinge.” Hoewel werk skaars is, het hulle gekies om die Gedenkmaal by te woon. Die volgende dag het hulle werk toe gegaan in die verwagting dat hulle afgedank sou word. Hoe verras was hulle tog toe hulle nie net kon aanbly nie, maar vier van hulle wat tydelike werkers was permanent aangestel is. En al ses het ’n salarisverhoging gekry! Later het twee van hulle besluit om gewone pioniers te word en die eienaar van die selfdienwinkel het hulle skofte laat werk wat hulle gepas het. Waarom was hy so bedagsaam teenoor hulle? Hy wou nie hê dat sy eerlike, vlytige werkers moet bedank nie.

Die eerlikheid en goeie werkgewoontes van hierdie ses Getuies het dus hulle leer tot eer van Jehovah “versier”.

◻ ’n Suster het in ’n apteek gewerk, maar weens die lang skofte kon sy nie al die Christenvergaderinge bywoon nie, en sy kon ook nie haar begeerte om ’n pionier te wees, vervul nie. Omdat die eienaar van die apteek haar nie die ure wou laat werk soos sy wou nie, het sy uit haar werk bedank. Sy het skoonmaakwerk gedoen en dit het haar in staat gestel om hulppionierdiens te doen. ’n Paar maande later het die apteekeienaar na haar huis toe gekom en haar ’n werk aangebied “met ure van haar keuse”. Waarom? “Weens haar uitstekende gedrag”, sê die verslag.

◻ Die goeie gedrag van ’n Getuie het haar leer op ’n ander manier “versier”. Die verslag uit Argentinië verduidelik dat toe twee Getuies die deur van ’n pragtige, weelderige huis met ’n groot, moderne motor daarbuite genader het, was hulle ’n bietjie skrikkerig weens die duidelike vertoon van rykdom. Hulle was baie verbaas toe hulle hartlik verwelkom word. ’n Bespreking van twee uur het gevolg waartydens hulle vrae beantwoord het. Die Getuies het gesê: “Ons het ingestem om die volgende week terug te gaan. Ons is daar weg, baie bly maar dronkgeslaan omdat ons nie geweet het wat die werklike rede vir so ’n verwelkoming was nie. Die volgende week het ons uitgevind wat die rede was.”

Die vrou van die huis het verduidelik: “Ek het in Mar del Plata gewoon en ’n jong vrou geken wat baie losbandig was. Sy het die Bybel saam met Jehovah se Getuies begin studeer, en onmiddellik was daar ’n verandering in haar persoonlikheid te bespeur. Ek en die bure kon die verandering in haar nie glo nie, want daar was nie ’n spoor van haar vorige losbandigheid te sien nie. Sy is nou ’n respektabel vrou, die vrou van ’n ouere man, soos julle hulle noem, en het nou ’n gesin wat ’n voorbeeld vir almal is.”

Die veranderde gedrag van hierdie jong persoon toe sy een van Jehovah se Getuies geword het, het hierdie dame nou beweeg om die leerstellings van Jehovah se Getuies ernstig te oorweeg. ’n Bybelstudie is daar en dan met hierdie egpaar gereël, en hulle het die vergaderinge by die Koninkryksaal begin bywoon. Die Getuies het hierdie ondervinding afgesluit deur te sê: “Dit toon dat ons gedrag ook ’n getuienis kan lewer, alles tot die heerlikheid en eer van Jehovah se naam.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel