‘Ek kon dit nie neersit nie’
Dit is wat ’n waarderende leseres gesê het nadat sy die boek Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou deurgelees het. Sy het geskryf:
“Ek het gister Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou klaar gelees. Ek kon dit nie neersit totdat ek klaar was nie. Dit was eenvoudig uitstekend. Ek hoop dat ons al die goeie gedagtes in hierdie boek behoorlik sal kan toepas.”
Mense wat dit gedoen het, het berig dat hulle gesinslewe verbeter het. Die boek doen spesifieke voorstelle aan die hand wat help om probleme op te los en die huwelik die genot te maak soos wat die Skepper dit bedoel het. Ontvang jou eksemplaar deur die bygaande koepon in te vul en te pos.
Stuur asseblief die hardebandboek Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou, met 192 bladsye, posvry aan my. Ek sluit R1,40 in.