Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 5/15 bl. 20-21
  • Swanger maar ongetroud

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Swanger maar ongetroud
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Swanger maar ongetroud
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Maria – Swanger maar ongetroud
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Wat ons uit Maria se voorbeeld kan leer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • “Kyk! Jehovah se slavin!”
    Volg hulle geloof na
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 5/15 bl. 20-21

Jesus se lewe en bediening

Swanger maar ongetroud

MARIA is drie maande swanger. Jy sal onthou dat sy die eerste deel van haar swangerskap by Elisabet deurgebring het. Maar nou het sy na Nasaret teruggekeer. Almal in haar tuisdorp sal binnekort van haar toestand weet. Sy is inderdaad in ’n angswekkende situasie!

Wat die situasie vererger, is die feit dat Maria aan die timmerman Josef verloof is. En sy weet dat God se wet aan Israel bepaal dat ’n vrou wat aan een man verloof is, maar gewillig met ’n ander man geslagsomgang het, gestenig moet word. Hoe kan sy haar swangerskap aan Josef verduidelik?

Aangesien Maria drie maande weg was, kan ons seker wees dat Josef haar graag wil sien. Wanneer hulle mekaar ontmoet, vertel Maria waarskynlik vir hom die nuus. Sy doen moontlik haar bes om te verduidelik dat sy deur middel van God se heilige gees swanger is. Maar soos jy jou kan voorstel, is dit vir Josef baie moeilik om dit te glo.

Josef weet dat Maria ’n voortreflike reputasie het. En hy is klaarblyklik baie lief vir haar. Maar ten spyte van haar bewering, lyk dit werklik asof sy ’n ander man se kind verwag. Josef wil nietemin nie hê dat sy gestenig word of in die openbaar in die skande kom nie. Hy besluit dus om in die geheim van haar te skei. Destyds is verloofdes as getroud beskou, en ’n skeiding was nodig om ’n verlowing te verbreek.

Later, terwyl Josef nog oor hierdie sake nadink, raak hy aan die slaap. Jehovah se engel verskyn in ’n droom aan hom en sê: ,Moenie bang wees om met Maria te trou nie, want die kind wat sy verwag, is deur God se heilige gees verwek. En jy moet die kind Jesus noem, want hy sal sy mense van hulle sondes verlos.’

Hoe dankbaar is Josef tog wanneer hy wakker word! Hy doen onmiddellik wat die engel hom beveel het. Hy neem Maria na sy huis toe. Hierdie openbare optrede is in werklikheid ’n huweliksplegtigheid wat aandui dat Josef en Maria nou amptelik getroud is. Maar Josef het nie geslagsomgang met Maria terwyl sy Jesus verwag nie.

Kyk! Maria is ver heen in haar swangerskap en tog sit Josef haar op ’n donkie. Waar gaan hulle heen, en waarom onderneem hulle ’n reis wanneer Maria se swangerskap so ver gevorderd is? Lukas 1:39-41, 56; Mattheüs 1:18-25; Deuteronomium 22:23, 24.

♦ Hoe het Josef gevoel toe hy van Maria se swangerskap hoor, en waarom?

♦ Hoe kon Josef van Maria skei aangesien hulle nog nie getroud was nie?

♦ Watter openbare optrede het as Josef en Maria se huweliksplegtigheid gedien?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel