Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 3/15 bl. 32
  • ’n Gedenkwaardige aand

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Gedenkwaardige aand
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 3/15 bl. 32

’n Gedenkwaardige aand

Veertien Nisan was die dag waarop Israel uit Egipte verlos is. Dit is ’n dag wat die Jode beveel is om elke jaar met ’n spesiale maaltyd te herdenk. Dan moes hulle aan die jonger geslag verduidelik hoe die bloed van die Pasgalam aan die deurposte en die bo-drumpel gestryk is om die eersgeborene van die Israelitiese huisgesinne teen God se teregstellingsengel te beskerm.​—Exodus 12:21-27.

Net 1 545 jaar later, ook op 14 Nisan, het Jesus Christus vir sy dissipels wat vir die hemelse Koninkryk bestem was ’n nuwe viering ingestel wat die Pasga sou vervang. Tydens ’n eenvoudige plegtigheid het Jesus ongesuurde brood en wyn gebruik as simbole van sy menselewe, wat hy ten behoewe van die mensdom sou offer. Sy offer het groter reddingskrag as die van die Pasgalam (Johannes 1:29). Toe hy die herdenking van sy offerande ingestel het, het Jesus gesê: „Doen dit tot my gedagtenis.”​—Lukas 22:19.

Jehovah se Getuies nooi jou om saam met hulle by hierdie baie belangrike Gedenkmaal te wees. Vanjaar val die dag wat op ons kalender met 14 Nisan ooreenstem op Donderdag, 4 April, ná sononder. Jy kan die geleentheid op daardie dag by die naaste Koninkryksaal bywoon. Vind by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit hoe laat die verrigtinge begin.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel