Hulp met ‘groeipyne’
Dit is nie maklik om in hierdie veelbewoë tye groot te word nie. Jongmense het te kampe met talle nuwe situasies, en hulle moet gewigtige besluite neem. Moet ek rook? Dwelms gebruik? Hoe moet ’n mens jou teenoor die ander geslag gedra? Wat van masturbasie en homoseksualiteit? Een jong persoon het geskryf:
“Ek is byna 13, en ek wil julle net bedank vir die “Jeug”-boek. Hierdie boek het my geweldig baie gehelp in hierdie moeilike tyd van ‘groeipyne’. Ek wens net al die kinders van my ouderdom of ouer het van hierdie boek geweet.”
Hierdie boek, wat al die bogemelde vrae en nog baie meer bespreek, is “Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut”. Bestel ’n eksemplaar deur die koepon in te vul en te pos. Dit kos slegs 90c.