,Ons is soveel gelukkiger!’
’n Vrou het gesê dat dit die geval was omdat sy en haar man die boek Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou gelees het. Sy het verduidelik:
„Vriende het vir my en my man ’n eksemplaar van hierdie boek gegee, en dit het ’n groot verskil in ons lewe gemaak. Ons is albei pensioentrekkers, en ek is gestrem. Ongelukkig was daar struweling tussen ons wat ons ongelukkig gemaak het. Vandat ons julle boek gelees het, besef ons dat ons altwee baie foute het, en ons probeer hard om te verbeter. Ons is soveel gelukkiger, maar hoe jammer tog dat ons nie jare gelede al van hierdie boek geweet het nie! Dit sal wonderlik wees as elke egpaar ’n eksemplaar kan kry wanneer hulle trou. Dit sal soveel ongelukkigheid voorkom!”
As jy hulp verlang om jou huwelik gelukkiger te maak, kan jy ook by hierdie boek baat vind. Bestel ’n eksemplaar deur die koepon in te vul en te pos.
Stuur asseblief die hardebandboek met 192 bladsye Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou posvry aan my. Ek sluit R1,40 in.