Dit bied ’n wonderlike hoop
Net meer as ’n jaar gelede het ’n man met drie kindertjies in die Sloan-Kettering-kankerhospitaal in New York gesterf. Die prediker wat die gedenkdiens gehou het, het in sy toespraak verduidelik dat die man enkele ure voor sy dood vir sy vrou gevra het om die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe voor hom te hou sodat hy weer die gedeelte oor die opstandingshoop kon lees. Aan die einde van die diens het die prediker gesê dat die gemeente van Jehovah se Getuies wil hê dat die man se familielede ’n eksemplaar van die boek wat hulle familielid so ’n onwrikbare hoop gegee het, moet ontvang. ’n Hele paar, die plaaslike begrafnisondernemer inkluis, het gretig na vore gekom en om ’n eksemplaar gevra. Altesaam 20 boeke is daar uitgegee.
Ons meen dat jy ook grootliks by die duidelike en roerende uiteensetting van die Bybel se wonderlike hoop in Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe baat sal vind. Hierdie merkwaardige publikasie het 256 bladsye. Dit is net so groot soos hierdie tydskrif en bevat 150 prente waarvan die meeste in kleur is. Bestel nou. Slegs R3.
Stuur asseblief Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe posvry aan my. Ek sluit R3 in.