Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 2/15 bl. 30
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Nou en vir ewig vreugdevol
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Wees oorvloedig in die hoop!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Die Paradys word herstel!
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
  • “Sien julle in die Paradys!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 2/15 bl. 30

Vrae van lesers

♦ Vind die herstellingsprofesieë van Jesaja en ander eertydse profete hulle finale vervulling in die huidige geestelike paradys van God se volk, of kan hulle ook letterlik toegepas word op die Paradys van die toekomstige “nuwe aarde”?

Die boek “Man’s Salvation out of World Distress at Hand”, wat in 1975 deur die Wagtoringgenootskap uitgegee is, het die volgende oor Jesaja hoofstuk 35 te sê gehad: “Dit was nadat die Joodse ballinge in 537 v.G.J. uit Babilon teruggekeer het dat die profesie oor die verfraaiing van die Judese ‘woestyn’ ‘dor land’ en ‘wildernis’ ’n kleinskaalse vervulling gehad het. Die groter en finale vervulling, die geestelike vervulling, het met betrekking tot die oorblyfsel van geestelike Israeliete begin toe hulle in die jaar 1919 G.J. uit hulle ballingskap buite die guns van God in Babilon die Grote gekom het.” Beteken dit dat geen aspek van hierdie herstellingsprofesieë gedurende Christus se duisendjarige heerskappy in die letterlike Paradys vervul sal word nie? Geensins!

Die verklaring in die “Man’s Salvation”-boek moet in sy regte verband gesien word. Jesaja se profesie het ’n kleinskaalse vervulling ondervind toe Israel uit gevangenskap in Babilon teruggekeer het, maar die groter vervulling het vanaf 1919 G.J. begin plaasvind, met die vrylating van geestelike Israel uit gevangenskap in Babilon die Grote. Hulle is destyds finaal en volkome in hulle “land”, hulle geestelike paradys, herstel, daar hulle nooit weer slawe sou word van enige deel van Satan se wêreldryk van valse godsdiens nie.

Hierdie en ander herstellingsprofesieë sluit egter aspekte in wat ook op fisiese wyse op die paradysaarde vervul sal word. Jesaja 35:1-7 meld byvoorbeeld die genesing van blindes, dowes en lammes, dinge wat nie letterlik vervul is met die Jode se terugkeer uit eertydse Babilon nie; hulle word ook nie vandag so vervul in die herstelde, geestelike paradys nie. Maar Jehovah se Getuies sien met groot afwagting uit na die verwesenliking van hierdie beloftes op die paradysaarde. Dit is ongetwyfeld waarom Lied 119 in ons liedereboek van 1966 so ’n gunsteling by ons almal is!

Met verwysing na ander herstellingsprofesieë het die Genootskap se boek “God’s Kingdom of a Thousand Years Has Approached” (1973) gesê: “Dit sou inkonsekwent van God wees om profesieë soos die in Jesaja 11:6-9, Esegiël 34:25 en Hosea 2:17 te inspireer sodat dit slegs ’n figuurlike of geestelike betekenis het en geen ooreenstemmende vervulling van hierdie dinge in die werklike lewe nie, asof die letterlike vervulling ’n onmoontlike ideaal is.”

Dit is interessant dat die skrywers van die Christelike Griekse Skrifte aspekte van hierdie herstellingsprofesieë op die “nuwe aarde” toegepas het, al vind die groter vervulling vandag in die geestelike paradys plaas. Die profeet Jesaja het byvoorbeeld gepraat van seëninge wat sou kom in “nuwe hemele en ’n nuwe aarde” (Jesaja 65:17-25). Later het die apostel Petrus die koms beskryf van Jehovah se dag, waarin die teenswoordige “hemele” en “aarde” sal vergaan. Hy het bygevoeg: “Maar ons verwag volgens sy belofte [by monde van Jesaja] nuwe hemele en ’n nuwe aarde waarin geregtigheid woon” (2 Petrus 3:10-13). Petrus het aldus aangedui dat sekere aspekte van Jesaja se profesie op die “nuwe aarde” verwesenlik sou word. Ware geluk, lang lewe, veilige woonplek, volop voedsel, bevredigende werk, vrede tussen mens en dier—al hierdie seëninge sal gewis kom ‘volgens God se belofte’.

Waar Jesaja 25:6-8 van ‘die maaltyd vir al die volke’ praat, lees ons boonop: “Die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee.” Hoewel die groter vervulling in die geestelike paradys is (met die “groot menigte” wat daarin deel), toon die apostel Johannes dat hierdie aspek van Jesaja se profesie ook letterlik vervul sal word onder mense op die “nuwe aarde” (Openbaring 7:9, 16, 17; 21:1-4). Dan sal ’n aardwye paradys herskep word na die voorbeeld van die paradys van Eden.—Genesis 2:8; Mattheüs 19:28.

Jehovah se volk verheug hulle nou oor die volkome herstelling van hulle geestelike paradys. En daar sal geen einde wees aan die blydskap in die fisiese paradys nie, “want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek”.—Jesaja 11:9; 51:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel