Hulle kan werklik die hart bereik
Musiekverwerkings kan dit doen. En hoe goed is dit tog wanneer die musiek wat die hart bereik dit in die regte rigting aanspoor. ’n Moeder het die volgende geskryf oor die Koninkryksmelodieë wat op kassetbande opgeneem is:
“Net toe ek die band aangeskakel het, het my drie kinders in die vertrek ingeloop om te kom luister. Ek het skielik besef dat ons almal opgehou het met die take waarmee ons besig was en dat die kinders hulle liedereboeke gaan haal het. Selfs my tweejarige dogtertjie het voor die bandmasjien gaan sit om te sing! Ons het elke lied saamgesing en kon eenvoudig nie die vertrek verlaat voordat ons almal gehoor het nie. Hierdie liedere oor Jehovah (wat so pragtig verwerk is) kan werklik die hart bereik.”
Jy kan ook hierdie roerende musiekverwerkings geniet. Die drie kassette, Koninkryksmelodieë 1, Koninkryksmelodieë 2 en Koninkryksmelodieë 3 kos elk net R2.50, en elkeen bevat ongeveer een uur se musiek. Bestel hierdie kassette deur die koepon hieronder in te vul en te pos.