Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 8/1 bl. 32
  • ‘Hulle het ons huwelik verbeter’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Hulle het ons huwelik verbeter’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 8/1 bl. 32

‘Hulle het ons huwelik verbeter’

DIT WAS die kommentaar van Glenn, ’n man in Louisiana. “Toe ek Glenn ontmoet het”, skryf een se Getuies, “het hy onder sy bakkie gelê, maar hy het opgestaan en aandagtig na my geluister. Hy het sonder aarseling op Die Wagtoring en Ontwaak! ingeteken. Weke het verstryk voordat ons weer iemand tuis kon kry. Eindelik het ons sy vrou ontmoet, en sy het gesê: ‘Ja, hy het vir my gesê dat hy op daardie tydskrifte ingeteken het. Ek was verbaas, want hy teken nooit op enigiets in nie. Maar hulle het begin kom, en hulle is puik! Ons lees hulle elke maand saam. Wanneer hulle verval, sal ons hulle beslis hernieu!’

“Ons het gereël om terug te gaan wanneer die man sowel as die vrou tuis is, en hulle het op die afgesproke tyd op ons gewag. Ons het ’n Bybelstudie begin. Glenn het gesê: ‘Daardie tydskrifte is baie goed. Hulle het reeds ons huwelik verbeter. Wanneer ek vir middagete huis toe kom, vra ek vir Becky of daar al weer een gekom het.’”

Hierdie twee Bybelse tydskrifte kan ook by jou huis afgelewer word. Jy moet net die bygaande koepon in vul en pos.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel