Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 4/1 bl. 30-31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Respekteer jy die naam van Christus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Die naam wat tot ware geloof lei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Moet jy tot Jesus bid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 4/1 bl. 30-31

Vrae van lesers

♦ ln Filippense 2:9 sê Paulus van Jesus: “God . . . [het] Hom ’n naam gegee wat bo elke naam is.” ln watter sin het Jesus “’n naam” ontvang “wat bo elke naam is”?

ln die sin dat Jehovah ’n posisie of gesag aan hom gegee het wat hoër is as dié wat aan enige ander skepsel gegee is. Party meen dat slegs die almagtige God “’n naam” kan hê “wat bo elke naam is”. Hulle redeneer dus dat hierdie teks bewys dat Jesus aan Jehovah God gelyk is of selfs dieselfde persoon as Jehovah is. Maar ’n nadere ondersoek van die teks steun nie hierdie redenasie nie.

Die verband van Filippense 2:9 toon dat Jesus hierdie “naam” na sy dood en opstanding ontvang het. Hy het gevolglik nie die “naam . . . wat bo elke naam is” voor daardie tyd gehad nie. Die feit dat hy dit ontvang het, het ’n verandering in sy status aangedui. Is daar enige manier waarop Jehovah se status ooit kan verander? Nee. Hy was nog altyd oppermagtig. Die feit dat Jesus ’n hoer naam ontvang het, bewys dus dat hy nie dieselfde as of gelyk aan Jehovah is nie.

Let ook daarop dat die naam “goedgunstig” (NW) deur Jehovah aan Jesus Christus “gegee” is. Dit is duidelik dat indien God kan besluit om so ’n naam aan sy Seun, Jesus, te gee, die Vader groter en Jesus ondergeskik moet wees (1 Korinthiërs 11:3). Daarom was enige eer wat Jesus vanweë hierdie groot voorreg ontvang het “tot heerlikheid van God die Vader”.—Filippense 2:11.

Jesus het dus ’n naam ontvang wat hoër is as dié wat aan enige van God se ander skepsele gegee is. Maar dit is duidelik dat hierdie naam hom nie aan God gelyk gestel het nie. Vergelyk 1 Korinthiërs 15:27, wat sê dat God alles aan Jesus se voete onderwerp het maar nie self aan Jesus onderworpe was nie.

Wat was die hoë naam wat aan hom gegee is? Die profeet Jesaja help ons om die vraag te beantwoord. Hy het van Jesus gesê: “Die vorstelike heerskappy sal op sy skouer kom. En sy naam sal genoem word: Wonderbare Raadgewer, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors” (Jesaja 9:6, 7, NW). Hierdie teks toon dat die “naam” die hoë mag, posisie of gesag—in al die aspekte wat deur Jesaja gemeld is—voorstel wat aan Jesus gegee is sodat hy Jehovah se wil kan volbring.

Jesus het die omvang van sy uitvoerende mag getoon toe hy vir sy dissipels gesê het: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde” (Mattheüs 28:18). Die mensdom se enigste hoop vir die toekoms is die hoë posisie wat aan Jesus toevertrou is, en dit is waarom die profesie van Jesaja op hom toegepas word. “Op sy Naam sal die heidene hoop.”—Mattheüs 12:21.

Die apostel Paulus het gesê dat elke knie “in die Naam van Jesus sou buig” (Filippense 2:10). Dit is nie bloot vormdiens nie. Jesus het gewaarsku dat baie sou beweer dat hulle magtige dade in sy “Naam” gedoen het maar dat hy hulle nie sou erken nie (Mattheüs 7:21-23). Om waarlik ‘die knie’ in Jesus se naam te “buig” beteken om sy posisie te erken en ’n mens ten volle aan sy gesag te onderwerp. Dit beteken vandag om onderdanig te wees aan hom as Koning, deel te neem aan die verkondiging van die evangelie van die Koninkryk en neutraal te bly in die aangeleenthede van aardse koninkryke.—Mattheüs 24:14.

Dit lok teenstand by wêreldlike konings uit. Jesus het gewaarsku: “Julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam” (Mattheüs 24:9). Maar vir diegene wat op hierdie wyse ‘die knie buig’, het Jesus se naam waarlik krag.

Die apostel Petrus het gesê: “Daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12). Petrus het tevore vir ’n kreupel man gesê: “ln die Naam van Jesus Christus, die Nasarener, staan op en loop” En die man het geloop (Handelinge 3:6). Jesus het vir sy volgelinge gesê dat hulle ‘in sy Naam’ moes bid (Johannes 14:14). Wanneer ons Jesus se naam in ons gebede gebruik, sê ons nie bloot ’n formule op nie. Ons versoek eerder dat die groot mag en gesag van Jesus Christus ten behoewe van ons aangewend word.

As ons gepaste eer en respek betoon aan Jesus se “naam”—sy hoë posisie of gesag—tel ons onder diegene van wie daar gesê is: “Elke tong [sal] bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.”—Filippense 2:11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel