Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 11/1 bl. 32
  • Die waarheid op ’n onwaarskynlike plek gevind

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die waarheid op ’n onwaarskynlike plek gevind
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 11/1 bl. 32

Die waarheid op ’n onwaarskynlike plek gevind

Die hoofkwartier van Jehovah se Getuies het die volgende brief van ’n man in Hartford, Connecticut, ontvang:

Aan wie dit mag aangaan:

Ek wil weet of die boekie Die waarheid wat lei tot die ewige lewe deur Jehovah se Getuies gedruk word. Skryf asseblief aan my en sê vir my watter kerk daardie boekie uitgee. Ek wil graag weet, want toe ek een oggend met Hartford se hoofstraat langs gestap het, het ek hierdie boekie in ’n vullisblik gevind. Dit was die titel wat my aandag getrek het. . . .

Ek is ’n Katoliek omdat my ouers my daardie geloof grootgemaak het, nie omdat my gewete vir my sê dat dit reg is nie. Uit die dinge wat ek in hierdie boekie kan sien, meen ek dat ek iets gevind het waarna ek al baie jare lank soek—Die Waarheid. En ek het dit in ’n hoop vullis gekry—een Vrydagoggend om 9 vm., op 4 Desember 1981. Stuur asseblief vir my die Hartfordse adres van die kerk van die geloof wat hierdie boekie uitgee. Ek wens julle ’n voorspoedige nuwe jaar toe.

Die uwe,

A. C. G.

Jy kan die boek met 192 bladsye, “Die waarheid wat lei tot die ewige lewe”, bestel deur die koepon hieronder in te vul en te pos.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel