Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 6/1 bl. 11
  • Voorkom verkragting—Baklei!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voorkom verkragting—Baklei!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om verkragting te voorkom
    Ontwaak!—1993
  • Hoe om verkragting te verwerk
    Ontwaak!—1993
  • Die werklikheid van verkragting
    Ontwaak!—1993
  • ’n Sonsverduistering en die fassinerende sterrekunde
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 6/1 bl. 11

Voorkom verkragting—Baklei!

“DIE mening dat ’n vrou wat haar [teen ’n verkragter] verset heel waarskynlik beseer of gedood sal word, is sommer ouvroupraatjies”, het James Bannon, uitvoerende onderhoof van Detroit se Polisiemag, gesê. “Daar is hoegenaamd geen getuienis om dit te staaf nie.” En dr. Mary Lystad, hoof van die Nasionale Sentrum vir die Voorkoming en Beheer van Verkragting, sê dat nuwe studies bewys dat “vroue wat uiteenlopende vorms van fisiese en sielkundige weerstand gebruik het, soos om te skreeu, te slaan, te byt, te skop en te probeer vlug, beter daarin geslaag het om verkragting te voorkom”.

Maar vroue wat net gehuil het en probeer het om die man om te praat om dit nie te doen nie, is in die meeste gevalle verkrag. Trouens, passiewe vroue loop groter gevaar om ernstig beseer te word as die wat hulle daadwerklik teen die verkragter se toenadering verset. “Moet tog nooit heeltemal passief wees nie”, het Lystad gewaarsku. “Dit wil voorkom of ’n vrou wat optree asof sy swak en weerloos is haar risiko om verkrag te word, vergroot.”

Soortgelyke raad is al lank aan Bybellesers beskikbaar. In eerstydse Israel het die Wet vereis dat ’n vrou wat deur ’n verkragter gemolesteer word, moet skreeu en aldus daadwerklik weerstand moet bied.—Deut. 22:23-27.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel