Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 6/1 bl. 30-31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Verdere korrektiewe raad
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Verdere teregwysing
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Watter soort plek is die hemel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 6/1 bl. 30-31

VRAE van LESERS

• Beteken Jesus se woorde in Mattheüs 18:18-20 dat die hemel gebonde is deur besluite wat mense op aarde neem?

Hierdie verse lui: “Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in My naam vergader, daar is Ek in hul midde.”

Soos die Afrikaanse Bybel (wat hier aangehaal word) en party ander vertalings toon, is die dinge wat op die aarde ‘gebind’ of ‘ontbonde’ word dinge wat reeds in die hemel ‘gebonde’ of ‘ontbonde’ is. Die Griekse woorde wat hier gebruik is, beteken letterlik “is gebonde” of “is ontbonde”, en is in die lydende vorm van die voltooid teenwoordige tyd. Met ander woorde, die tyd dui aan dat daar reeds in die hemel oor die handeling besluit is en dat dit bloot weerspieël word eur wat daarna op die aarde besluit word deur diegene wat graag “die wysheid van bo” wil weerspieël (Jak. 3:17, 18). “Gebonde” sou aandui dat iemand skuldig bevind is en gestraf moet word; “ontbonde” sou aandui dat iemand onskuldig bevind is.

Hierdie woorde van Jesus volg op sy bespreking van die prosedure wat gevolg moet word as ’n kneg van God meen dat sy broer ’n groot fout begaan het en hy die saak wil opklaar (Mt 18 Verse 15-17). Dit kan daartoe lei dat die aanklag by die “gemeente” ingedien word sodat die saak deur die verantwoordelike broers in die gemeente hersien en beoordeel kan word. Indien daar bevind word dat die aanklag waar en van ’n baie ernstige aard is, en die indiwidu geen berou toon nie, sal die gevolg wees dat hierdie persoon beskou word “soos die heiden en die tollenaar”. Hy sal uitgesit word. Dit sal natuurlik beraadslaging vereis. En dit is na hierdie beraadslaging wat Jesus in Mt 18 verse 18 tot 20 verwys het.

Aangesien Jesus se dissipels vanaf Pinkster van 33 G.J. heilige gees deur Jesus sou ontvang, kon daar gesê word: “Waar twee of drie in my [Jesus se] Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” Almal wat vergader het om die saak te bespreek, moet wakker wees vir die leiding van Jehovah se gees. Hulle sal sake veral versigtig moet oorweeg in die lig van sy Woord, onder meer Jesus se instruksies en leer, om uit te vind wat Jehovah se beskouing is van die beweerde gedrag en wat gedoen moet word as die getuienis toon dat die aanklag waar is en die indiwidu nie berouvol is nie. Diegene wat die saak onpartydig ondersoek, kan natuurlik bevind dat die beskuldigde onskuldig is, of daar is moontlik onvoldoende getuienis.

In die eerste eeu het Christene die wonderdadige werking van Jehovah se heilige gees geniet in party sake waar hulle moes oordeel, soos in die geval van Ananias en Saffira (Hand. 5:1-11; 1 Kor. 12:4-11). Nadat wonderdadige gawes van die gees met die dood van die apostels geëindig het, verwag Christene nie regstreekse, wonderdadige aanduidings uit die hemel oor hoe daar in sake besluit moet word nie (1 Kor. 13:8-13). Maar ons het nog steeds die riglyne in Jehovah se Woord vir behoorlike gedrag en hoe daar oor sake beslis moet word. Ons kan in werklikheid vasstel wat reeds oor ’n saak in die hemel besluit is. Weens menslike onvolmaaktheid word daar weliswaar soms oordeelsfoute begaan, maar dit beklemtoon slegs weer hoe nodig dit is om streng by die instruksies in Jehovah se Woord te bly wanneer sake hanteer word sodat ’n mens seker kan wees dat die besluit wat geneem word reeds in die hemel geneem is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel