Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 4/1 bl. 20-21
  • Wat gebeur na die dood?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat gebeur na die dood?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sal gebeur as ons doodgaan?
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Hoekom Jesus nie haastig was nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Jesus maak Lasarus weer lewend
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • VRAE VAN LESERS
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 4/1 bl. 20-21

God se Woord is lewend

Wat gebeur na die dood?

JESUS se goeie vriend Lasarus het gesterf. Maar Jesus sê vir sy dissipels: “Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.”

“Here, as hy slaap, sal hy gesond word”, sê die dissipels.

Daarop verduidelik Jesus vir hulle: “Lasarus is dood.”

Waarom het Jesus gesê dat Lasarus slaap as hy in werklikheid gesterf het? Wat gebeur na die dood? As ons kyk wat gebeur het toe Jesus Lasarus kom besoek het, sal dit ons help om hierdie vrae te beantwoord.

Toe Lasarus se suster Martha hoor dat Jesus aan die kom is, het sy hom tegemoet gehardloop. Kort daarna het haar suster Maria en al hulle vriende Jesus tegemoetgegaan. Toe Jesus sien hoe bedroef hulle is, ween hy. Hy vra: “Waar het julle hom neergelê?”

Toe hulle by die graf kom—dit is ’n spelonk, en ’n steen lê daarteen—sê Jesus: “Neem die steen weg.” Soos jy kan sien, maak Martha hierteen beswaar. Sy sê: “Here, hy ruik al.” Lasarus is al vier dae dood. Maar op Jesus se versoek word die steen verwyder.

Nadat Jesus tot God gebid het, roep hy uit: “Lasarus, kom uit!” En dit is wat gebeur! Hy kom lewend uit, nog toegedraai in die grafdoeke. “Maak hom los en laat hom gaan”, sê Jesus.—Joh. 11:11-44.”

Dink nou hieraan: Wat was Lasarus se toestand gedurende daardie vier dae dat hy dood was? Was hy in die hemel? Hy was ’n goeie man. Maar hy het niks oor die hemel gesê nie, iets wat hy beslis sou doen as hy daar was. Nee, Lasarus was werklik dood, net soos Jesus gesê het. Waarom het Jesus dan aanvanklik aan sy dissipels gesê dat Lasarus net slaap?

Wel, Jesus het geweet dat die dooie Lasarus niks weet nie, net soos die Bybel sê: “Die dooies weet glad niks nie” (Pred. 9:5). Maar net soos ’n lewende persoon uit ’n diepe slaap gewek kan word, het Jesus voorts getoon dat hy sy vriend Lasarus uit die dood kon wakker maak met behulp van God se mag wat aan hom gegee is.

Net soos ’n persoon in ’n diepe slaap niks onthou terwyl hy slaap nie, onthou die dode ook niks. Hulle ervaar hoegenaamd geen gevoelens nie. Hulle bestaan nie meer nie. Maar op God se bestemde tyd sal die dode wat deur God losgekoop is, opgewek word. Hierdie kennis behoort ons beslis te beweeg om God se guns te verkry sodat ons ook by ’n opstanding tot die lewe baat kan vind.—Joh. 5:28, 29; Hand. 24:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel