Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 5/1 bl. 32
  • ‘’n Altaar aan ’n onbekende God’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘’n Altaar aan ’n onbekende God’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 5/1 bl. 32

‘’n Altaar aan ’n onbekende God’

Toe die Christenapostel Paulus gedurende die eerste eeu G.J. die “goeie nuus” in Athene verkondig het, het Epikureïese en Stoïsynse wysgere met hom gestry. Vir party van hulle was hy “’n verkondiger . . . van vreemde gode”. Hulle het Paulus dus gegryp en na die Areopagus, of Marsheuwel, gebring. Daar het die apostel Paulus sy wyse getuienis aangaande die ware God, Jehovah, ingelei met hierdie woorde:

“Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ’n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ’n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.”—Hand. 17:16-23.

Daar is ook op ander plekke inskripsies gevind wat ooreenkom met die een wat Paulus gemeld het. Die stukkende altaar hieronder, wat in Pergamus gevind is, bevat so ’n inskripsie in Grieks. Die goedbewaarde altaar aan die regterkant is ook op die Palatynse Heuwel in Rome, Italië, ontdek. Volgens die Latynse inskripsie op hierdie altaar wat uit omstreeks 100 v.G.J. dateer, was dit “heilig aan ’n god of godin”.

Het jy tot die God genader wat deur Paulus verkondig is? Groot seëninge nou sowel as in die toekoms is beloof aan diegene wat Jehovah, die allerhoogste God, aanbid.—Ps. 83:18, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel