Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 3/15 bl. 32
  • Waarom hou hulle aan om ons tuis te besoek?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom hou hulle aan om ons tuis te besoek?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 3/15 bl. 32

Waarom hou hulle aan om ons tuis te besoek?

HET jy al ooit gewonder waarom Jehovah se Getuies na jou deur kom? Hulle doen dit omdat hulle soek na persone wat meer oor God se Woord, die Bybel, te wete wil kom. Hulle het ook die volgende woorde van Jesus, wat hy tot sy volgelinge gerig het, ter harte geneem: “Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde” (Hand. 1:8). Sodoende betoon hulle naasteliefde.—Matt. 22:39.

Party Bybelstudente besef gou dat hulle die goeie nuus van God se koninkryk vir ander moet vertel. Getuies in Guadeloupe het byvoorbeeld die Bybel slegs twee weke lank met ’n jong egpaar bestudeer toe hierdie indiwidue ’n onlangse Christenbyeenkoms bygewoon het. Toe hulle hoor dat huis-tot-huisgetuieniswerk vir een van die byeenkomsdae gereël is, wou hierdie egpaar daaraan meedoen. Waarom?

“Dit is nie net om te sien hoe die predikingswerk gedoen word nie”, het hulle gesê, “maar dit is omdat ons uit die dinge wat ons tot sover tydens ons studie geleer het en uit wat ons vandag op die program gehoor het, besef dat ons self moet preek.” God se Woord het hierdie begeerte by hulle gewek, en hulle het ’n aandeel aan daardie spesiale getuieniswerk gehad.

Maar waaroor gaan die “goeie nuus”? Waarom is dit so goed? Wat omtrent die “goeie nuus” beweeg baie om dit geesdriftig aan ander te verkondig? Vra gerus vir Jehovah se Getuies wanneer hulle die volgende keer na jou huis kom.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel