Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 1/1 bl. 30
  • Eertydse Israel se oortredinge

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Eertydse Israel se oortredinge
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 1/1 bl. 30

Eertydse Israel se oortredinge

“So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die regverdige vir geld verkoop het en die behoeftige vir ’n paar skoene. Hulle wat daarna hyg dat die stof van die aarde op die hoof van die armes kom, en wat die weg van die ellendiges buig; en die man en sy vader gaan na dieselfde jongedogter om my heilige Naam te ontheilig. En hulle strek hul uit op verpande klere by elke altaar, en die wyn van die wat beboet is, drink hulle in die huis van hul god.”—Amos 2:6-8.

In Bybelse taal stel die getal “drie” intensiteit of klem voor. Die ‘drie, selfs vier oortredinge’ van die Tienstammeryk van Israel teen Jehovah stel dus die gesamentlike ontrou van die Koninkryk van Israel voor.

Regverdige persone is vir “geld” verkoop. Die Wet het wel bepaal dat ’n dief wat nie vergoeding kon doen nie, verkoop moes word vir die dinge wat hy gesteel het (Ex. 22:3). Dit is dus moontlik dat die invloedryke bewindhebbende klas baie verder gegaan en nederige persone verkoop het om wins te maak en nie omdat die arme vergoeding moes doen nie. Of die feit dat hulle ‘die regverdige vir geld verkoop het’, kan dalk beteken dat regters regverdige persone skuldig bevind het nadat hulle geld as ’n omkoopgeskenk ontvang het of dit beloof is.

Omdat ’n behoeftige nie vir ’n paar skoene kon betaal nie, het sy skuldeiser hom meedoënloos as ’n slaaf verkoop. Of ’n invloedryke man het dalk ’n behoeftige persoon verkoop om ’n paar skoene of ’n ander goedkoop item te bekom. Gevoellose manne het ‘gehyg’ of met afwagting uitgesien dat die behoeftiges in so ’n wanhopige posisie beland dat hulle stof op hulle eie hoofde gooi. (Vergelyk Job 2:12.) Die “ellendiges” het geen kans gehad om reg te laat geskied nie.

Afgodaanbiddende Israeliete van dieselfde gesin sou na dieselfde tempelprostituut gaan as ’n vorm van aanbidding en aldus Jehovah se heilige naam ontheilig. Hulle het ook flagrante minagting vir die Allerhoogste getoon deur sy wet op ander maniere te oortree. ’n Kledingstuk wat as ’n pand geneem is, moes byvoorbeeld teruggegee word voordat dit nag geword het (Ex. 22:26). Maar hierdie goddelose manne het die kledingstukke gehou wat as pand geneem is en het dit dan gebruik as komberse waarop hulle hulle kon uitstrek tydens offerfeeste by die tempel. Daarbenewens is die boetes wat op onregverdige wyse van die armes verkry is, gebruik om te betaal vir die wyn wat hulle tydens seremonies by die tempel van hulle gode gedrink het. Hulle het dus die wins van hulle verdrukking tydens valse aanbidding gebruik. Hoeveel smaad het ontroue Israeliete tog Jehovah se naam aangedoen!

Geregtigheid het vereis dat die Tienstammeryk van Israel verantwoording moes doen vir sy oortredinge. Die oordeelstyd het in die agtste eeu v.G.J. aangebreek toe die Assiriërs die land verower het en Samaria, die hoofstad van die noordelike Koninkryk van Israel, ingeneem het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel